Ruwe Baviaanskloof vra 4x4 vernuf

2016-06-09 06:00
Dié roete verg 4x4 vernuf, vasklou en vinnig koes vir ledemate wat weens al die geskud sommer ‘n lewe van hul eie kry.

Dié roete verg 4x4 vernuf, vasklou en vinnig koes vir ledemate wat weens al die geskud sommer ‘n lewe van hul eie kry.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DAAR is bergpasse wat die verbeelding aan-gryp, slaggate wat ’n klein motor heel insluk, los klippers, genadelose afdraandes, helder rivierstrome en deurlose bostoilette met ’n wye uitsig. Een só een is die Baviaanskloof- pasroete wat by Patensie in die Gamtoosvallei begin.

Ek, my man, Colin, en skoonfamilie het onlangs dié “riller-pas” in ’n 2007 v4x4 Ford Ranger en ’n 2013 outomatiese-4x4 Amarok aangepak. Ons was in die Ford Ranger om dit vir die ouer garde, wat net teerpaaie ken, ’n bietjie meer stadsjapie-vriendelik te maak.

Na ’n heerlike ontbyt by Tolbos in Patensie, besoek ons die Kouga-dam voor ons die grondpad na Komdomo vat. Dit is híér waar die uitmergelende, maar ongelooflik lekker, 47km-kronkelroete deur die Baviaanskloof begin. Die pad het ons bykans vyf ure geneem om te voltooi - natuurlik met talle stoppe langs die pad om die natuurprag in te adem en diep in jou spesiale geheuekassie van onthou-oomblikke te liasseer, en die gebruiklike Black Label-bier by een van die yskoue stroompies waar die paddavissies om jou tone baljaar.

Dit is al die vyfde keer dat ons die pad na Baviaanskloof vat, so ons weet: hier gaan dit nie om spoed nie, dit gaan oor deurkom en …. geniet en waardeer!

  • s.

Daar is ’n bord wat teen gevaarlike diere waarsku, maar ek dink die pad is gevaarliker.

Die eerste 7km tot by die buitelug-toilet is kinderspeletjies. Dit is wys om hier die troon te bestyg of die bossies mag dalk later jou voorland wees. En jy weet nooit of ’n bok of selfs ’n buffel jou beloer nie.

Dan begin die 4x4-pret behoorlik. Die gelyke grondpad maak plek vir rotse, klipbanke, los klippers, skerp riwwe, genadelose afdraandes en diep spoelslote waarvan Jeffreysbaai se paaie net kan droom. Combrinkpas. Dit vra vierwieltrek, heel laagste rat, ewenaarslot, afdraandebeheer én prewelgebede. Jy voel die adrenalien in jou ore doef-doef.

Terwyl ek met mening aan die sitplek vas-klou, begin my Engelse man - wat gewoonlik net in Afrikaans kan swets - vlot 4x4-terme in Afrikaans rondslinger. Dit is wringkrag, wiel velling, wieltolbeheer en oorkruisgate. Lyk my al die 4x4-programme is tóg leersaam.

Dan toets die Holgatpas jou 4x4-senuwees voor die rietlaning by die berugte klippe-crossing jou voertuig insluk net om jou weer so 80m verder uit te spoeg. Verderaan ry ons oor die smal tweespoor Grasnekpas met sy skerp draaie en steil opdraande.

Elke paar kilometers word jy beloon met ’n klein plato op ’n bergrug wat ’n wonderlike uitsig oor die Baviaanskloof bied.

Hiervandaan raak die pad al hoe makliker en gaan deur mooi valleie en klowe.

Net voor vyf stoot die twee bakkies hul neuse deur die westelike grenshek van die reservaat - ook net betyds, want die hekke sluit om vyfuur.

Van hier ry ons verby verskeie gastehuise, die Studtis-polisiekantoor, die enigste petrolpomp in die kloof, en Babes se Winkel tot by Bo-Kloof waar ons vir twee aande oorgebly het…..en ja! weer kon pootskud met Skollie, die beroemde toergidshond!!

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.