SA sal helfte van mielies moet invoer ‘ ’n Mens vat maar ’n kans...’

2016-01-21 06:00

VOLGENS die jongste ramings kon net sowat 55% van Suid-Afrika se gewone hoeveelheid mielies vanjaar geplant word.

Dit kan volgens Petru Fourie, landbou-ekonoom van GraanSA, ’n beduidende uitwerking op kospryse hê.

Fourie sê Suid-Afrika se plaaslike verbruik van witmielies staan op sowat 10 miljoen ton.

“In hierdie stadium kan net sowat 5 miljoen ton mielies deur Suid-Afrikaanse boere verskaf word. Dit beteken dat ons sowat vyf miljoen ton moet invoer om in ons plaaslike behoeftes te voorsien,” sê hy.

Witmielies word hoofsaaklik as stapelvoedsel in die vorm van mieliemeel gebruik.

“Die prys van witmielies het in die afgelope jaar reeds met meer as 120% gestyg. Nou kan ’n mens dink dat as daar nog mielies ingevoer moet word en die rand-dollar-wisselkoers ook in ag geneem moet word, waar die prys vir witmielies dan sal draai.”

Die wydverspreide reënbuie wat in die sentrale dele van die land geval het, bring risiko’s mee vir boere wat nou vinnig ’n paar lande mielies wil plant.

“Mielies moes al ’n maand gelede klaar geplant gewees het, maar as daar nie geplant word nie, kan daar dalk later nie kos wees nie.”

Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, stem saam dat boere wat nou plant baie laat is.

“Dit kan werk as jy kortgroeiermielies plant, maar daar is risiko’s aan verbonde,” sê hy.

“Baie boere plant nou eerder sonneblomme en voer sodat hulle ’n ander bron van inkomste kan kry.”

Volgens Louw Steytler, voorsitter van Graan SA, kan ’n mens nog sonneblom plant, maar “die toestand waarin lande tans is, is nie goed nie”.

“Die lande is windverwaai. Dit sal eers deeglik bewerk moet word voordat daar enigsins weer geplant kan word.”

Einde verlede jaar het Steytler aan Die Burger gesê slegs sowat 3% van die gebied om Bultfontein, Wesselsbron en Hoopstad in die Vrystaat, wat die grootste deel van die land se voedselmandjie voorsien, kon aangeplant word.

“Ná die reën het dit met enkele persentasiepunte opgetel, maar ek glo nie daar was genoegsame reën om ’n groot verskil te maak nie.”

Frederick du Toit, ’n mielie- en sonneblomboer van Bultfontein, is een van die boere wat nou nog mielies plant.

“Ek weet ek is báie laat, maar ek plant maar meer mielies om vir my beeste kos te voorsien.”

Volgens hom praat die boere onder mekaar.

“Almal bespiegel dat die ryp vanjaar ’n bietjie later gaan kom. So, ’n mens vat maar ’n kans.”

Du Toit het in die laaste ruk sowat 70 mm reën gekry.

“Dit help vreeslik baie, maar dis moeilik. My pa-hulle op die dorp het maar net so 20 mm gekry, so dit reën nie oral ewe veel nie.”

Hy het gesê hy kan nie vanjaar sonneblom plant nie. “Ek het al verlede jaar sonneblom geplant, so dis nie goed vir die lande om twee jaar in ’n ry dieselfde te plant nie.

“Ek mik om so teen die 20ste van dié maand klaar met die mielies geplant te wees. Dis maar ’n risiko wat jy vat.”

Hy dink ook daaraan om koring op ’n gedeelte te plant.

“Koring kan tot so einde April, begin Mei geplant word. Maar ons het in die verlede al gesien dat dit nie altyd hier by ons werk nie. Maar ek moet my inkomste van iewers af kry.”

Hy dink die koringmark gaan dié jaar “oordonder” word.

“Ons sal maar die publiek vra om vanjaar baie brood te eet.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.