Saak teen ‘baasbrein’ agter moord teruggetrek

2016-07-21 06:00
Roseline Bosman

Roseline Bosman

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE saak teen die man van Humansdorp wat aanvanklik daarvan aangekla is dat hy sy vrou laat vermoor het, is voorlopig teruggetrek.

Daniël Bosman (49), man van Roseline Bosman (45), is verlede jaar as die vermeende baasbrein van die moord in hegtenis geneem. Daar is vroeër berig dat dit nie goed gegaan het met hul huwelik nie.

Volgens die Staat het Bosman vir Lunga Soldaat (26) en Gregory Hendriks (18), sy twee medebeskuldigdes, R100 000 en ’n dubbelkajuitbakkie beloof om Roseline te vermoor, en om dit te laat lyk soos ’n inbraak wat skeefgeloop het.

Die lyk van Roseline, eienaar van Bosman-begrafnisdienste op Humansdorp, is op 12 September 2015 in haar bed aangetref. Volgens die polisie was ’n enkele venster in haar kamer gebreek, enkele goedere vermis en is die res van die kamer in chaos gelaat.

Soldaat en Hendriks is op Hankey in hegtenis geneem toe eiendom van Roseline in hul besit gevind is. Bosman is kort hierna as die vermeende ‘baasbrein’ agter die moord aangekeer.

Met Maandag se hofverskyning het Soldaat en Hendriks alleen in die hof voorgekom nadat die aanklag van moord teen Bosman met hul vorige hofverskyning op 13 Junie voorlopig teen hom teruggetrek is. Dit is glo omdat die Staat nuwe inligting bekom het wat die meriete van die saak kan beïnvloed.

Bosman sal op 29 Augustus, wanneer die saak weer in Humansdorp se streekhof voorkom, sy lot met betrekking tot die saak aanhoor.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.