Salig op kajak na waters waar rus is

2017-03-30 06:03
Die donker water dans onder die kajak verby, terwyl ons dieper die Stormsrivier-kloof inroei - verby verskillende voëls, vissies en asemrowende plantegroei.              Foto’s:VERSKAF

Die donker water dans onder die kajak verby, terwyl ons dieper die Stormsrivier-kloof inroei - verby verskillende voëls, vissies en asemrowende plantegroei. Foto’s:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VIR weke lank sit ek en worstel. Sal ek? Sal ek nie? Ek vra almal rondom my vir raad - natuurlik raai almal my aan. Maar wat van die haaie? En ek weet nie eers hoe om ’n roei-spaan vas te hou nie. En ek is onfiks.

Ja, ek wou die twee tot drie uur lange Stormsrivier-kajak- en -lilo-avontuur van Untouched Adventures in die Tsitsikamma Nasionale Park aandurf. Tussen die ongerepte natuurskoon en haaie.

Geen vorige ondervinding is nodig nie, word ek verseker. En haaie? Wel . . . mense is meer geneig om dood te gaan van ’n kokusneut wat op jou kop val, as ’n haai. En daar is geen bome met kokusneute naby die Tsitsikamma Nasionale Park nie.

Daar sit ek en my avontuurmaat, Estoretha Strydom, toe dae later in Stormsrivier: twee senuweewrakke. Ons kajak-trippie is bespreek.

Met ons reddingsbaadjies vasgegespe en roeispane in die hand, stap ons deur die Tsitsikamma-woud tot by die riviermond waar die kajaktog begin. Trappe op en trappe af tot dit voel asof ons nie meer een tree vorentoe kan gee nie. Maar ons strompel met jelliebene voort . . . tot die bome na 40 minute voor ons oopmaak en die mond ons bree-bek uitlag.

As die see nie te rof is nie, roei jy vanuit die hawe langs die oseaan, onderdeur die hangbrug en eindig dan by die pragtige riviermond.

Ons kundige toergids, Stan Skosana, gee ons ’n blitsige roeikursus: hande skouerbreedte uitmekaar, die regterkantste spaan wys boonte met die bakkant na agter - regs-links, regs-links van voor na agter. Om te stop keer jy die roei-proses om.

Dan vir die verskillende handgebare: roeispaan horisontaal in die lug beteken stop, vertikaal is voorwaaarts mars, en ’n ligte klap met jou plathand op jou kop beteken alles is reg.

Met die teorie agter die rug, klim-val ons in die kajak.

Ons is in ’n nuwe wêreld.

Die donker water dans onder die kajak verby terwyl ons dieper die Stormsrivier-kloof inroei - verby voëls, vissies en asemrowende plantegroei. Die enigste klank is van waterdruppels teen ons spane en seemeeue in die lig. Die rotswande lê voor ons uitgestrek.

“Kan ons so gelukkig wees,” gesels ek en Estoretha roeiend met mekaar.

Stan kom gou agter ons verwonder ons aan die donker kleur van die water. “Die groot hoeveelheid tannien in die varswater gee die rivier sy donker kleur. As jy so ’n meter of twee onder die water is, sal jy die ligter soutwater kry. Dié swaarder soutwater sink na die bodem, terwyl die varswater van die ri- vier bo-op lê.”

En haaie? “Ons spog met ’n ryk seelewe, onder meer skeurtandhaaie en robbe. Maar niemand is al ooit hier deur ’n haai gebyt nie.”

Ons trek vinnig ons hand uit die water en loer versigtig na mekaar. Hier moet ons nie omkantel nie . . . netnou maak ons haai-ge-skiedenis.

Vandaar af roei ons na die vlermuisgrot. Nie een vlermuis is in sig nie, maar jy kan hulle hoor.

Ons roei verder.

By die laagwatermerk gaan ons aan wal en klim op ’n lilo. Vandaar dryf ons deur rotspoele dieper op in die rivier met rotsmure wat oor ons toring.

Waar die water vir reusagtige rotse plek maak, klim ons van ons waterbeddens af en klouter oor die grys reuse. Slegs ’n paar meter verder verwelkom ’n yskoue poel water ons. Tyd vir swem word toegelaat voordat ons terug stroomaf op ons lugmatrasse dryf.

Die avontuurlustiges gebruik die geleent-heid om van ’n oorhangende kransmuur af te spring voor die terugtog in kajakke aanpak.

Teen die tyd wat ons terug by die riviermond kom, voel ons verryk. Ons het veel meer gekry as wat ons verwag het.

Nou vir die uitmergelende staptog terug.

Skakel 073 130 0689 of stuur ’n epos na bookings@untouched-adventures.com vir meer inligting.

Besoek hul webtuiste by www.untouchedadventures.com.

Belangik om te weet

  • Bring warm klere en toe skoene saam wat kan natraak. Jy kan wel water-skoene en ’n duikpak huur.
  • Toegangsgeld moet by die hek van die Tsitsikamma Nasionale Park betaal word.
  • Aktiwiteite is weer-gebonde.
  • Onthou jou kamera.
  • Geen vorige ondervinding is nodig nie.
  • Vermoë om te swem, is ideaal.
  • Die kajak kan ’n maksimum gewig van 190kg hanteer (twee persone).
  • Bied jy onvergeetlike avonture aan en wil dit graag in die Kouga Express plaas? Skakel Monique Basson by 082 219 9169 of stuur ’n epos na Monique.Basson@media24.com.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.