Sekretarisvoël kry dalk gou ‘gedrukte’ kunspote

2016-05-05 06:00
Percy Hickman, die eienaar van African Dawn - ’n voël-en-diere-rehabilitasiesentrum in Thornhill - wei sy lewe aan die lief en leed van beseerde en verwaarloosde diere.                                  Foto: MONIQUE BASSON

Percy Hickman, die eienaar van African Dawn - ’n voël-en-diere-rehabilitasiesentrum in Thornhill - wei sy lewe aan die lief en leed van beseerde en verwaarloosde diere. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Sekretarisvoël wat vroeër vanjaar die huppel uit sy stappie kwyt is na hy in ’n heining verstrengel geraak het en albei sy pote verloor het, spog dalk eersdaag met 3D-gedrukte kunspote.

Toe dié voël na ’n kleinskaalse reddingspoging na African Dawn geneem is, ’n voël-en-diere-rehabilitasiesentrum in Thornhill, het die eienaar, Percy Hickman, hom dadelik onder sy vlerk geneem.

“Daar was niks om oor te dink nie,” sê Hickman. “Hy moet ’n normale lewe kan lei.”

Hickman vertel een van hul gereelde besoekers het voorgestel dat hulle 3D-gedrukte kunspote vir die sekretarisvoël maak.

“Hy het nie op hom laat wag nie. Daar is reeds foto’s van sy stompies geneem en na ’n maatskappy gestuur wat met 3D-drukkers werk,” sê Hickman.

“Ons wag nou net om van hulle terug te hoor. Dit is net ’n kwessie van tyd voor hy saam met sy nuwe ge-veerde vriende kan ‘dans’ en alles doen wat ander voëls doen.”

Volgens Hickman het die sekretarisvoël ’n paar weke gelede in ’n doringdraad vasgevlieg en verstrengel ge-raak. “Ons vermoed hy het ’n paar dae in die heining vasgesit voor iemand op hom afgekom het. Daar was reeds maaiers in sy vlerke en die bloedsomloop na sy pote was afgesny,” sê Hickman. Van die begin af het ons probeer om so min moontlik van die pote te verwyder. Ons moes uiteindelik altwee pote by die enkels verwyder.”

Sy stompies keer hom egter nie om trots in sy nuwe tuiste rond te pronk nie - dit lyk as’t ware of hy salig onbewus is van sy voetlose penarie.

Alhoewel hy spekvet en gesond is, sal hy nooit weer in die natuur vrygelaat kan word nie, omdat hy nie teen topspoed sal kan hardloop of sy prooi met sy prostese-pote kan skop of vastrap nie.

African Dawn

Dié sekretarisvoël is een van duisende diere, veral voëls, wat oor bykans twee dekades ’n veilige hawe by African Dawn gevind het. Die rehabilitasiesentrum spog met meer as 5 000 voëls van 250 verskillende spesies en klei-ner diere. Dit sluit in die ontwykende Knysna loerie en die majestieuse witkruisarend. Cheetahs, tierboskatte, bloukraanvoëls, mahem-kraanvoëls en blou duikers vorm deel van hul bedreigde-spesie teelprogram.

Hulle kry gereeld nuwe aankomelinge. Die oudste inwoner was ’n rooikat wat vir 19 jaar by die rehabilitasie-sentrum gewoon het.

Waar moontlik, laat hulle die gerehabiliteerde diere in die natuur vry, maar dit is nie altyd moontlik nie. Soms is die invloed van mense net te groot, en sal die diere nooit in die natuur oorleef nie.

Hickman - eens ’n bankier, rekenmeester en selfs ’n werker by ’n hoenderplaas - het 19 jaar terug finaal besluit die stadslewe is nie vir hom nie. Gee vir hom ’n plaas en diere - dan is hy op sy gelukkigste.

Volgens Hickman, wat van kleins af tot die redding van voëls gekom het, het African Dawn klein begin. Oor die jare het dit gegroei tot waar dit vandag is. In plaas daarvan om voëls of diere weg te wys, het hy net meer en groter hokke begin bou. Hy is juis besig om verskeie nuwe hokke vir voëls op te rig.

“Wat ek van die diere en hul versorging weet, het ek myself oor die jare geleer,” sê Hickman. “Ons het ’n vrywilligersprogram vir tussen 20 tot 30 studente, wat in ’n verwante rigting studeer.”

Hickman vertel laggend dat hy al telkemale deur die diere gebyt is. “Jy moet maar net koes en keer.”

Op die vraag of hy dink aasvoëls staan aan die verloorkant as dit by skoonheid kom, sê hy: “Ek het nog nooit ’n lelike voël gesien nie”.

Dan is daar die Marmoset-apies met hul kwaai oumensgesiggies, ’n Ibis (hadida) van Suid-Amerika, ’n wallabie van Australië, ’n afvlerk seemeeu, rooikatte, nuuskierige meerkatte en Steve die enigste krokodil. Let wel, alhoewel haar naam Steve is, is sy ’n ware dame - dit is altemit nie haar skuld dat haar redders so effens met haar geslag deurmekaar geraak het nie.

Vlieglesse is ook nie vreemd vir dié diereliefhebbers nie. Verskeie baba-swaeltjies en vlermuise is al tussen vier mure leer vlieg voor hulle die wye wêreld ingestuur is.

Volgens Hickman is inwoners welkom om hul ongewenste voëls of wilde diere soos meerkatte na African Dawn te bring.

“Geen voël of wilde dier sal ooit weggewys word nie,” sê hy.

African Dawn is daagliks vanaf 09:00 tot 17:00 oop vir besoekers. Dié rehabilitasiesentrum is ’n nie-winsgewende organisasie en maak hoofsaaklik staat op vrywil-ligers en donasies van die publiek - hetsy finansieel of in die vorm van kos vir die diere of boumateriaal vir die bou van hokke en kampe.

Vir meer inligting oor African Dawn, skakel 042 286 0710 of stuur ’n epos na africandawn@lantic.net.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.