‘Selfies’ help om inbrekers vas te trek

2016-03-03 06:00

VIER vermeende inbrekers van Hankey se “selfie”-liefde het hulle vandeesweek hul vryheid gekos.

Hul selfies in gesteelde klere wat met ’n gesteelde Blackberry geneem is, was hul ondergang. Die leidrade het die polisie reguit na hulle gelei.

Martin du Preez en sy vriendin, Karla Oosthuizen, se huurhuis in Rooivlakte buite Hankey was Sondag die teiken van inbrekers wat ’n ou selfoon, al die mansklere en van Oosthuizen se klere gesteel het.

“Hulle het hulself tuisgemaak, my alkohol gedrink, kosgemaak én televisie gekyk,” sê Du Preez.

Hy en Oosthuizen was by ’n troue op Jeffreysbaai en met hul tuiskoms Sondag agtergekom daar is ingebreek.

Die diefwering voor een van die vensters is weggebuig, het sê Du Preez.

Sy versekeringsmaatskappy het ’n sekuriteitsmaatskappy – Smhart Sekuriteit – gekry om die huis te bewaak, terwyl die paartjie by sy oom, Petrus du Preez, oornag het.

“Die sekuriteitsmaatskappy het my Maandag net na 01:00 gebel en gesê die inbrekers is terug. Hulle het glo die res van die klere kom steel.

“Met die ondersteuningsvoertuig se aankoms, het hulle weggehardloop, maar een van hul eie sakke laat val waarin die gesteelde Blackberry was.”

Dit is as bewysstuk saamgeneem. Die battery was pap en toe dit aan ’n laaier gekoppel en aangeskakel word, verskyn daar dadelik ’n foto van een van die inbrekers, duidelik in ’n uitbundige luim en geklee in van die gesteelde klere.

By nadere ondersoek het die polisie ’n hele aantal foto’s op die selfoon gevind van ’n paar jong mense, netjies aan die poseer met van die klere aan wat die vorige aand uit die huis weggedra is.

Hulle is Dinsdag by ’n huis in Stofwolk op die dorp deur die gereg verras en met ’n groot aantal gesteelde goedere in hul besit in hegtenis geneem.

Du Preez het die Hankey-polisie geprys vir hul flink, professionele optrede.

Luit. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Die verdagtes het in die Landdroshof op Hankey op ’n aanklag van huisbraak verskyn. Hulle is steeds in aanhouding. Die polisie gaan die foto’s as bewysstukke in die saak gebruik.

Du Preez en Oosthuizen bly intussen by familie, terwyl hulle ander blyplek soek.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.