Sielerus én ’n watervalfees

2016-06-30 06:00
Innikloof in die Oos-Kaapse Gamtoosvallei: n natuurbelewenis op die drempel van die 'beskawing'. foto Heilie Combrinck Foto: HEILIE COMBRINCK

Innikloof in die Oos-Kaapse Gamtoosvallei: n natuurbelewenis op die drempel van die 'beskawing'. foto Heilie Combrinck Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TOE die loerie rooivlerk oor ons vlieg en kôk-kôk-kôk anderkant op ’n tak gaan sit, moes ons al geweet het: Dit gaan ’n baie spesiale dag wees.

Maar dis nog vroegoggend, so ons dink nog nie aan simboliese boodskappe of sulke goete nie. Al wat tel, is dat daar vir ons klompie, byeen op inniKloof op die sitrusplaas Honey Clough in die Gamtoosvallei, ’n stywe klim na die fees van watervalle wag.

Dis ’n spesiale dag, want dié uitstappie na die watervalle in die Kleinrivier, ’n sytak van die Gamtoosrivier, gebeur net een keer per maand.

Dis omdat ’n groot gedeelte van die 7 km-staproete daarheen, asook die watervalle, op natuurbewaringsgrond is, verduidelik John Wait, die eienaar van inniKloof.

Hy wil ­seker maak elke stapper hou hom of haar honderd persent by die ­reëls, dié dat hy saamstap. Maar hy is ’n besige man en daarom word dié uitstappie net een keer per maand onderneem.

Gewoonlik stap ’n groot groep saam, maar gelukkig het al die voornemende stappers die weerman geglo toe hy teen nat koue gewaarsku het, en is ons net vier op daardie dag – met dominee kompleet. Sy naam is ds. Jasper Schellingerhout, ’n man van 70, maar met die ratsheid van ’n (fikse) man van 30.

Tog was die man der manne Goebbels die langbeen-foks­terriër wat sy mense-pa, John, se eie skaduwee ore aansit, só naby bly hy aan hom.

Net wanneer John te naby aan of te lank by ’n afgrond is, gaan staan Goebbels platstert verder van sy baas en piep totdat hy weer na veiliger aarde beweeg.

’n Rukkie gelede het John en sy vrou Catherina die ergste begin dink toe hulle Goebbels nêrens – nie eens by die teef op die buurplaas – kon kry nie.

“En toe het hy al die tyd een van ons kampeerders op eie houtjie op ’n la-a-ang berg­uitstappie geneem!” vertel John net toe ons by die jy-mag-nie-hier-verbyloop-bordjie van Oos-Kaapse natuurbewaring kom.

Goebbels, hond, mag nie hier verby nie.

Ek kyk Goebbels so. Sweerlik sal hy positief vir verbode middels toets, só gespierd is die hond. Seker dié dat hy die naam van een van Hitler se swaargewigte gekry het.

Toe nie. Dis hul dogter wat daai naam bedink het, verduidelik John, want net toe dié langbeenfoksie op plaas aanland, het sy in die geskiedenisklas alles van Hitler geleer.

Maar sal dit nie wonderlik wees as Goebbels, net soos die (nou al) wêreldberoemde Skollie van die Baviaanskloof, toergids vir die besoekers kan word nie?

Vergeet dit, sê John se gesigsuitdrukking. inniKloof, so ook Honey Clough, is kos­bare aarde, des te meer die natuurbewaringsgebied rondom die Stinkhoutberge en die Kleinrivier se watervalle, verduidelik John later, hy wil nie hê dit moet platgetrap word nie.

Hy is al die sesde geslag op Honey Clough, antwoord hy toe ons uitvra.

’n Mens praat maar sulke dinge in die klim, dan kom jy nie honderd persent agter hoe jy so ’n bietjie baie swaarkry nie.

Ons volg die roete na die watervalle op ’n byna 200 jaar oue beespaadjie, hoor van olienhout en spekboom, bonsai gevreet deur bosbok en sien dit later self, stel Boesmantraan se helende kragte op die proef toe doringtakkies die bloed laat loop, en drink soet warm tee uit die termofles toe dit broodeet-blaaskans is.

Dis interessant om te sien hoe die onversteurde plantekleed na gelang van die sonskynhoek op die berg wissel. Aan die noordekant is ons byvoorbeeld uit onder digte loof en volg die steil afdraande deur valleibosveld na die eerste waterval.

Die aanskouing van dié water wat oor krans in die diep poel tuimel, laat ons vinnig van voosgestampte toonnaels ­vergeet. Die koffie wat ds. Schellingerhout op sy Switserse ­spiritusstofie stook, proe ja, ­hemels.

Wat kan ek sê van die water-spektakels wat verder rivier-af oor nóg valle skuimend wit speel? Van die donker, diepe poel by waterval vier? Die wolke wat grysdonkerblou bo ons saampak en dramatiese lug­tonele skets? Die bosvlier in volle blom? Eendag, miskien, sal ek woorde vir al hierdie indrukke vind.

Maar toe die reën oppad terug oor die blaredak bo ons in goue spatsels uitsak, toe weet ek: Daai loerie wat vroegoggend rooivlerk oor ons gevlieg het, het kom sê dit gaan ’n baie spesiale dag wees.

En dit was toe ook so.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.