‘Skivakansie’ nou in gewilde Jeffreysbaai

2016-09-01 06:00
Wankelrig, maar darem nog staande, ski Cara-Lee Dorfling teen die sandduin af. Foto: VERSKAF

Wankelrig, maar darem nog staande, ski Cara-Lee Dorfling teen die sandduin af. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die sneeu is nou wel sand, “maar dit val da-rem sagter as sneeu,” sê Simphiwe Ntobana (36), instrukteur by J-Bay Adventures, waar sandplankry (sandboarding) die plaaslike sneeu-ski is.

Dié sandrypret begin met ’n kort staptog uit Astonbaai-strand se parkeerterrein tot by die “perfekte” ski-duin. Halfpad teen die duin uit, lê Paradysstrand en ’n deel van Jeffreysbaai se bekende branderplankry-golwe wyd oopgestrek.

Presies halfpad op teen die duin, plant Ntobana die sandplanke in die sand, en die eerste les begin.

“Moet nie bang wees nie, laat die duin jou lei,” sê hy.

As ’n Suid-Afrikaanse sandplankry-kampioen, klink sy advies oortuigend. Hy spog met 22 jaar se ervaring.

Hy neem twee vingers vol waks (wax) en hy smeer die onderkant van die sandplank. “Dan is dit belangrik om die waks met ’n handvol seesand glad te vryf.”

Die opwinding bou op en oplaas maak Ntobana die sandplank met die ingeboude velcro-bande aan my voete vas.

“Onthou, arms uitgespan en draai jou lyf en voorste arm in die rigting wat jy wil stuur,” gee Ntobana nog vir oulaas raad.

Hy help jou op, en die sandplank is glad onder my voete asof jy op ys staan.

Nou vir die groot stap. Ek draai my lyf en voete sodat die sandplank meteens die helling se momentum aangryp. Met die versnelling, bruis die selfvertroue, veral wanneer die eerste paar keer seepglad verloop, en ek dit teen die duin afmaak sonder om my gesig in die duin te plant.

Ntobana merk dadelik die vertroue op, en hy neem die pret na die volgende vlak.

Op die hoogste punt, wat ’n ski-afstand van 130m het, is dit platsit op die sandplank en gemaklik teen die duin afvlieg: glo om die spoed van die nuwe hoogte te toets. Die snelheid waarteen die sandduin my begelei, laat my dink aan resies op ’n renbaan, maar ek het geen beheer oor die spoed nie.

Die steilte van die duin verander dadelik wanneer mens dit uit ’n staande posisie be-kyk. “Jy is nou gereed; jy ken die spoed; jy weet hoe om te stuur,” por Ntobana nog ’n keer.

Ek draai die sandplank skuins en begin die 130m-lange helling te tem. Eers stadig en versigtig, maar halfpad teen die duin af vlieg ek teen ’n spoed wat die omstanders in kleurvolle strepe verander. Dit voel soos skaatsplankry, maar die uitsig van die branders is beter en die beheer makliker.

Dan kom die gelyke grond vinnig nader, en ek glo ek het die sandduin getem. Maar net voor die gronde gelyk word, neem die spoed beheer oor die sandplank en die sand sluk my vir ’n sekonde in.

Ek vee die sand van my gesig af. Die adrenalien vloei nog sterk deur my are, sodat ek kans sien om weer te probeer. Toe ek uitendelik die duin afvlieg sonder om te val, wys Ntobana waarom hy die land se sandplankry-kampioen was. Hy swaai van links na regs oor die duin asof hy ’n denkbeeldige stuurstang gebruik, en stop presies waar hy mik. “Die toertjie les, los ons vir eers vir ’n ander dag,” skerts hy.

Dan sê Ntobana, “nou vir afkoel. Wat van ’n rivier-safari?”

Hy sê Stand-Up Paddling (SUP) is nog een van die aktiwiteite wat J-Bay Adventures aanbied. Dit begin in die Kabeljousrivier, oorkant die Kabeljous-karavaanpark. Roeiers staan op, wat soos ’n groot branderplank lyk, en roei stadig deur die rivier. Anders as met gewone sit en roei, kry roeiers ’n 360 grade uitsig oor alles om hulle.

Tussendeur vertel Ntobana jou meer van die vislewe in die rivier, die voëls in die vleilande, en kort-kort word daar gestop om die wilde vrugte langs die oewer te proe.

“Dit neem so twee ure om die rivier-safari te voltooi en verg bykans geen moeite as die rivier bietjie vloei nie.”

Vir meer inligting, besoek www.jeffreysbayadventures.co.za.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.