Skok-aanval op bejaarde egpaar

2017-03-30 06:02

AANVALLE op bejaardes word as ‘n prioriteitmisdaad beskou, sê brig John Lebok, na-dat booswigte op Maandag ‘n bejaarde egpaar van Jeffreysbaai in hul slaap oorweldig en met messe gedreig het.

Die aanvallers het om 02:00 in van een van die dorp se grootste aftreeoorde in Wonderboomsingel toegeslaan. Hulle het glo deur ’n oop venster toegang verkry en die man en vrou (albei in hul sewentigs) oorval. Die slagoffers is met messe geïntimideer, terwyl die boewe die huis vir waardevolle artikels deursoek het. Hulle het daarna gevlug met ’n TV-stel, selfone, juweliersware en ’n onbekende kontantbedrag.

Die polisie het dadelik gereageer ná ’n oproep van die slagoffers se bure. Speurders volg verskeie leidrade op. Hulle versoek die publiek en veral aankopers van tweedehandse ware, en ander besighede en individue om op die uitkyk te wees vir mense wat selfone, juwele of elektriese ware wil verkoop. Die polisie ondersoek ‘n klag van huisbraak en waarsku dat dit ’n misdaad is om gesteelde goedere te koop.

Brig Lebok sê dat die polisie alles sal doen om sulke misdadigers vas te trek. Hulle sal ook vir sekuriteitsmaatskappye in die omgewing vra om meer sigbaar te wees en veral aftreeoorde te patrolleer. Die SAPD raai aan dat alle vensters met duursame diefwering beveilig moet word om toegang van misda- digers hok te slaan.

Hierby sluit Carl Trahms van Smhart Sekuriteit aan. Hy wys op relatiewe maklike roetes wat inbrekers kan volg om toegang tot bv. aftreeoorde te kry. Van die oorde word deur enkele individue by ’n toegangshek bewaak. Dit is dus vir voornemende diewe maklik om die oorde te betree. Daarom lê hy klem op sekuriteitstoestelle, meer wagte wat 24/7 patrolleer, en inwoners se eie paraatheid. Hy sê mense dink hulle is veilig as hulle bloot in so ’n oord of selfs ’n private huis woon.

Misdadigers werk gesofistikeerd, het soms binne-inligting en maak staat op onverwagse aanvalle snags.

Hy voeg by: “As inbrekers sulke suksesse soos dié behaal, moedig dit ander aan om dieselfde roetes te volg en potensieel gevaarlike aanvalle te laat toeneem. Mense moet voortdurend op die uitkyk wees na individue wat verdag voorkom, en hul wonings so vêr moontlik goed beveilig. Ons woon in ’n land met ’n hoë misdaadsyfer en die publiek moet hierdie realiteit in die gesig staar.”

Enigeen wat inligting kan verskaf wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagtes, word versoek om in verbinding te tree met die ondersoekbeampte, a/o Eunice Pot- gieter by 042 200 6600, of om die SAPS Jeffreysbaai te kontak by 042 200 6800, of Crime Stop by 08600 10111. Inligting sal vertroulik hanteer word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.