Skool help leerders vaardighede slyp

2019-01-24 06:00
= Gesoute naaldwerkhande Lizette Bucklke en Rachel Koopman ploeg hulle hul kennis en passie terug in een van Kouga se enigste naaldwerkklasse en -projekte. INLAS: Koopman wys vir graad 6-leerder Sinoyolo Ntlabathi hoe om met die naaimasjien te werk. Foto’s:MONIQUE BASSON

= Gesoute naaldwerkhande Lizette Bucklke en Rachel Koopman ploeg hulle hul kennis en passie terug in een van Kouga se enigste naaldwerkklasse en -projekte. INLAS: Koopman wys vir graad 6-leerder Sinoyolo Ntlabathi hoe om met die naaimasjien te werk. Foto’s:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HULLE sit kop omlaag by die groot tafel in die klaskamer aan die einde van die lang gang - handgemaakte patrone, ’n skêr, speldekussings, ’n maatband en helderrooi materiaal lê voor hulle.

Die een fynbeplande steek na die ander volg . . . moeilik vir die ongeoefende oog om te volg.

Gesoute naaldwerkhande Rachel Koopman en Lizette Buckle woel en werskaf al sedert hul laerskoolde agter die naaimasjien, nou, dekades later, ploeg hulle hul kennis en pas-sie terug in een van Kouga se enigste naaldwerkklasse en -projekte vir jong leerders by King’s College in Jeffreysbaai.

Met groot sukses.

By Kings’s College word nie net knope aangewerk, lappies omgewerk en some inge-sit nie. Híér word skooluniforms gemaak: hemp, skort (’n kombinasie van ’n kortbroek en romp) en sweetpak. En deftige aandrokke.

Elke steek perfek.

Die rede?

“Elke kind is besonders. Elkeen het ’n doel op aarde. Nie almal kan akademies uitblink nie - daarom die naaldwerkklasse,” sê King’s College skoolhoof Soria Swart terwyl sy oor die patrone voor haar vee.

Dit is belangrik om vir die leerders ’n vaardigheid aan te leer waaruit hulle eendag ’n bestaan kan maak - dalk hul eie besigheid begin.”

Naaldwerk

Maar waar het dit begin?

By ’n na-skoolse naaldwerkprojek wat sedertdien sy begin vyf jaar terug uit sy nate bars. Díé projek is oop vir alle leerders - mits hulle in naaldwerk belangstel.

“Ons het gesien hoeveel voordeel leerders uit die projek trek en, meer belangrik, hoe die fynere kunsies van onder meer geldbestuur, stik, hekel en borduur hulle bemagtig,” sê Swart.

“Dit is ongelooflik om te sien hoe die kinders se selfvertroue ontwikkel.

“Daar is besluit om naaldwerk as ’n volwaardige vak vir graad 4 en graad 5-leerders aan te bied, asook om dit deel van ons beroepsonderrigprogram te maak.”

Terwyl die graad 4 en 5-leerders die basiese tegnieke van naaldwerk aanleer en met die maak van die uniforms help, leer die handjie-vol uitgesoekte beroepsonderrig-leerders hoe om met geld te werk en om klere te maak - van ’n kortbroek tot ’n aandrok.

Buckle vertel trots: “Dié leerders begin deur hul eie mates te neem voor hulle ’n ba-siese patroon ontwerp en uitsny. Dan volg die maak van ’n skort en uiteindelik ’n glansryke aandrok op ’n naaimasjien - ’n eerste vir die leerders.

“Hulle help verder met die maak van die uniform vir die skool.

“Dié beroepsgerigte vaardighede moedig leerders aan om hul unieke aanleg te ontdek en dit ten volle te ontwikkel. Ons wil hulle deur die klasse bemagtig en in staat stel om later vir hulsef geld te genereer. Dalk kan hulle eendag klere vir Parys se modeskoue ontwerp.

“’n Mens moet mos groot droom.”

Toerusting

Dit alles ten spyte van ’n tekort aan toerus-ting - Koopman en Buckle gebruik hul eie naaimasjien om die kinders te leer. En ’n houtplank word as ’n lininaal ingespan.

Donasies van enige naaldwerktoerusting en -materiaal is welkom.

Vir meer inligting, skakel King’s College by 042082 684 4350.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.