Skoolhoof vier 60ste verjaardag

2018-06-28 06:00
Personeellede en leerders van die Hankey Primêre Skool het verlede Donderdag skoolhoof Pervical van Rooyen se 60ste verjaardag met groot gejuig gevier.           Foto:MONIQUE BASSON

Personeellede en leerders van die Hankey Primêre Skool het verlede Donderdag skoolhoof Pervical van Rooyen se 60ste verjaardag met groot gejuig gevier. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

EEN . . . twee . . . drie . . . dekades - maar van das en pak ophang is daar nog geen sprake nie.

Na byna vier dekades by die Hankey Primêre Skool, werk skoolhoof Percival van Rooyen (60) onverpoos om in die lewe van “sy kinders” terug te ploeg. Op 60 is hy steeds stiptelik op sy pos.

Personeellede en leerders het verlede Donderdag sy groot dag met gejuig en dankbaarheid by die skool gevier.

Selfs ’n brandweerwa is ingespan om die ‘eregas’ na die skool te bring waar ’n erewag van kinders op hom gewag het. Leerders het tydens ’n spesiale byeenkoms verskeie liedere aan hom opgedra.

“Dié spesiale gebaar het my sprakeloos - ek weet nie wat om te sê nie. Behalwe: baie dankie,” sê ’n bewoë Van Rooyen wat glo hy die beste beroep gekies het - “om met God se goud te werk”.

“Ek is so dankbaar vir die Here dat Hy my die krag en gesondheid gegee het om vir 39 jaar te help vorm aan leerders by die skool.”

Van Rooyen het in 1979 as ’n groentjie by Hankey begin skoolgee - dieselfde skool waar sy opvoeding as kaalvoet-leerder begin het. “Ek moes in die diepste van winter met die ryp wat wit oor die velde lê, kaalvoet oor die rivier loop om by die skool te kom,” sê hy.

In 1987 en 1992 is Van Rooyen onderskeidelik tot departementshoof en adjunkhoof bevorder, en in 2016 tot skoolhoof.

“’n Mens moet nooit vergeet waarvandaan jy kom nie. En bowenal, moet jy nooit vergeet wat jou ouers en die Here vir jou beteken nie.”

Volgens Van Rooyen geniet hy dit die meeste om deel van die groot skoolfamilie te wees, asook om opvoedkundige vordering by die skool te sien.

Hy glo die sleutel tot hul sukses is die onderwysers se opregte omgee, harde werk en vasberadenheid om aan hul leerlinge se individule onderrig aandag te gee.

“Hier werk ons hard. En elke kind is soos ons eie. Die personeellede is mense met wie ’n mens ’n deel van die wêreld sou kon verander.”

Voor sy aftrede sal hy graag die totstandkoming van spesiale klasse vir kinders met leerprobleme wil sien realiseer.

Maar van uittrede is daar nog geen sprake. “Dit is nog te lekker hier.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

How your dog can tell what you’re feeling

Researchers have found a specific area in a dog’s brain that recognises human faces – a finding that may help to explain why dogs are so sensitive to human social cues.

 

Paws

Share your 67 minutes with animals in need this Mandela Day
Kevin Anderson’s dog is winning at Instagram!
Kim Kardashian-West buys fake testicles to boost her dog’s self-esteem
10 tips on exercising your dog
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.