Skrywer Carla van der Spuy kuier in Jeffreysbaai

2016-09-01 06:00
Marinda en Jannie Hough het met Carla van der Spuy (middel) oor haar nuuste boek Mishandel, Misbruik, Misken gesels.          Foto: VERSKAF

Marinda en Jannie Hough het met Carla van der Spuy (middel) oor haar nuuste boek Mishandel, Misbruik, Misken gesels. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ONS ontmoet op die afgesproke tyd in ’n knus hoekie van ’n koffiehuis – ek en Marinda Hough en Carla van der Spuy.

Ons kliek dadelik en ruil ouderdomme uit! Sy lag omdat ek sê ek is bly om die gesig agter die bekende naam te leer ken. Sy is g’n bekend nie, skerm sy en pak die skuld sowaar op mý: omdat ek kwansuis wyd lees. Maar ek lees háár – heerlike mens, so gewoon soos botter en brood en vyekonfyt.

Die feite is: Sy skryf wyd vir publikasies en webtuistes. Sy lees manuskripte vir LAPA en voer onderhoude met outeurs. Sy het vir dagblaaie soos Transvaler en Vaderland gewerk. Sy skryf resensies. Die Caxton Journalist of the Year-toekenning is in 2008 aan haar toegeken. In 2010 en 2011 en 2013 het nog vyf toekennings gevolg. Sy doen so tussen-in baie ander werk ook, en wil skryf tot sy tagtig plus is! Haar bekroonde werke is bekend, en boeke sluit in Platsakwenke, Mens of Monster, Bloed op haar hande, en nou ook Mishandel, Misbruik, Misken.

Ons gesels oor haar nuutste boek deur LAPA uitgegee: Mishandel, Misbruik, Misken, – die skrikverhaal van Amor van der Westhuy-zen, mishandelde dogter van Joey Haarhoff wat saam met Gert van Rooyen in die laat tagtigs van die vorige eeu Suid-Afrika op hol gehad het met die ontvoering van ses jong meisies wat daarna verdwyn het. Die nuwe boek vertel van Amor se ontberinge in pedofiel Gert van Rooyen se skrikhuis. Volgens LAPA-Uitgewery is Amor mishandel en deur Haarhoff aan die seksuele misbruik van haar eie pa uitgelewer.

Carla is ’n goeie kandidaat vir die skryf van dié tema. Al ervaar jy ’n verterende weerloosheid by haar, is sy tog hardekwas-joernalis ge-noeg om empatie te skei van moontlike internalisering van die feite waarmee sy moet deel.

Sy lewer soms weliswaar kommentaar oor Amor se ervarings, maar sonder prekerigheid. Dis ’n ontstellende boek wat egter maklik lees. Die feite vul die leser met weersin weens sommige ouerlike vergrype.

Amor se herstel, hoewel nog onvolledig, is dus genade.

Hoekom skryf Carla in haar genre juis oor wreedheid teenoor die mensdom?

Misdaad is te groot, sê sy. As die leserspubliek die misdadiger se kop verstaan, die waaroms agter sy wandade, dan dien dit as waarsku-wing.

Wat wil sy van Amor se lewe uitbeeld?

Die titel vertel die hele storie: ’n Kind wat mishandel, misbruik, misken is. Deur Joey aan haar bed vasgemaak, uitgetrek en wreed geslaan is. Sadisme? Nee, eerder ontlading van woede deur ’n manipulerende vrou wat selfs wou hê haar kind moet met van Rooyen trou.

Hoe objektief kan haar storie wees sonder insette deur van Rooyen en Haarhoff?

Haar intuïsie, geslyp deur 42 jaar as skrywer en joernalis; die ongeveinsde aggressie van die slagoffer; die sielkundig-geëvalueerde psigiese verval en bemoedigende reaksie van Amor op terapie – dit alles dui op egte belewenis van trauma. En, gesien die misdadigers se geskiedenis, wat in moord en selfmoord geëindig het toe die polisie op hul spoor was – hoe relevant of betroubaar sou hulle insette eintlik kon wees?

Waarom sê die uitgewer dit is nie ’n maklike boek om te lees nie?

Beteken dit nie trauma vir lesers (en veral gemolesteerdes) nie? Nee, al was daar van sekere partye woedereaksie op die inhoud, is dít nie die standaard wat die impak van die storie bepaal nie. Daar is hoop, gestadigde genesing, groeiende besef van eiewaarde by die slagoffer. Hoewel sy soms steeds aggressie toon, is haar openhartige konfrontasie met die wrede feite, ’n goeie ondersteuningsnetwerk en persoonlike optredes om ander te help verstaan, groot faktore wat, saam met tyd, genesing sal bring.

Wat is Carla se raad aan potensiële en werklike slagoffers?

Ouers moet proaktief optree. Waarsku en kyk na jou kind se doen en late. Luister na hulle en glo hulle.

  • Mishandel, Misbruik, Misken is by meeste boekwinkels teen R200 beskikbaar.

WEN! WEN! WEN!

Lesers staan die kans om Mishandel, Misbruik, Misken of Battered, Abused, Shamed te wen. Stuur jou naam, kontakbesonderhede en die naam van die boek na kougaexp@media24.com. Die kompetisie sluit op 8 September om 12:00.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.