Skrywer-spreker, ekonoom by FNB sake-ontbyt

2017-08-17 06:00
LINKS: Myan Subrayan is ’n spreker, skrywer, besigheidsadviseur en werk ook met elite sportsmanne en professionele spanne as lewensafrigter en motiveerder. REGS:: Hoof van inligting en bemarking by FNB se afdeling vir landbousake Dawie Maree.

LINKS: Myan Subrayan is ’n spreker, skrywer, besigheidsadviseur en werk ook met elite sportsmanne en professionele spanne as lewensafrigter en motiveerder. REGS:: Hoof van inligting en bemarking by FNB se afdeling vir landbousake Dawie Maree.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Gamtoos Sitrus Ekspo skop Saterdagoggend, 26 Augustus met ’n ontbyt om 08:30 af.

Hoof van inligting en bemarking by FNB se afdeling vir landbousake Dawie Maree gaan ’n interessante blik in die ‘kristalbal’ bied oor wat in landbou verwag kan word.

Myan Subrayan, veelsydige spreker, skrywer, sake-adviseur en leefafrigter vir elite sportpersone en professionele sportspanne, gaan Saterdag sy hoop vir Suid-Afrika met gaste deel.

Subrayan is die geestelike begeleier van swem-ster Chad le Clos, Jannie de Beer, Pierre Spies en die Lions Rugbyspan. Hy skryf artikels vir die tydskrif, JOY!/JUIG!, en boeke het onder sy naam verskyn oor sport-ikone, soos onder andere, Chad le Clos, voormalige All Black-rugbyspeler Inga Tuigamala en Bafana Bafana se Delron Buckley.

Sy eerste Afrikaanse boek heet “‘n Boer maak ‘n plan … maar jy het ‘n Indiër nodig om dit te ver-koop”. Hierin deel hy op ’n humoristiese wyse ’n boodskap van hoop vir die land.

Hy het die boek geskryf na sy terugkeer na elf jaar in Nieu-Seeland. Hierin gee hy waardevolle en eerlike raad oor wat om te verwag as jy daaraan dink om te emigreer.

Die ontbyt en praatjie is op Saterdag om 08:30 by die ekspo. Kaartjies kos R150 per persoon en sluit ‘n heerlike in.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.