Slim Nico Malanner wil onderwys toe

2017-01-26 06:01
Slimkop Ambre Nakas (18) van Humansdorp wil onderwys toe.                            Foto: VERSKAF

Slimkop Ambre Nakas (18) van Humansdorp wil onderwys toe. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE onderwys word nie deur die slimmes afgeskeep nie, en as dit so aangaan, lyk die prentjie vorentoe rooskleurig.

Ambre Nakas (18) van Humansdorp het haar visier in dié rigting gestel en glo sy gaan ’n verskil maak in die lewens van môre se jeug.

Sy verdien haar kans om BEd op NMMU in Port Elizabeth te gaan studeer, want sy was van kleins af ’n uitblinker. Sy het op Kruisfontein Primêr skoolgegaan en was in haar gr 7-jaar die onderhoofdogter. As kranige atleet het sy daarna met ’n volle beurs ’n trotse Nico Malanner geword, waar sy op die atletiekveld en in die klaskamer ewe vlytig presteer het.

Sy het ’n gemiddeld van 76% in die matriek-eindeksamen behaal en het op grond van haar prestasie weereens ’n volle beurs losgeslaan, dié keer vir haar graadstudie.

Saam met baie blinkoog eerstejaars het Ambre die afgelope Saterdag by die universiteit aangetree, en so begin die vorming en afronding van nog ’n opvoeder.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.