Só moet ’n kampioenkoei lyk!

2016-03-24 06:00
Goldwyn Sweetie 969, Suid-Afrika se grootkampioen-Holsteinkoei, Grant en Brett Puttergill die eienaars, Carmelia Miles van Woodlands Dairy, die naamborg van die kampioenskapsbyeenkoms, en Callum McKinven van Kanada, die beoordelaar.  Foto: THEUNS BOTHA

Goldwyn Sweetie 969, Suid-Afrika se grootkampioen-Holsteinkoei, Grant en Brett Puttergill die eienaars, Carmelia Miles van Woodlands Dairy, die naamborg van die kampioenskapsbyeenkoms, en Callum McKinven van Kanada, die beoordelaar. Foto: THEUNS BOTHA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SOMMER met die intrapslag in die arena van die wit markiestent by Crossway Farm Vil-lage het die beoordelaar, Callum McKinven (54) van Quebec in Kanada, geweet hy kyk na ’n koei met ál die eienskappe van ’n wenner. Simmetrie, balans, goeie bene, uitstekende uier, funksioneel doeltreffend.

Maar dit gaan nie net oor die uiterlike nie. In haar leeftyd van sewe jaar het Goldwyn Sweetie 969 ’n verstommende 50 000 liter per laktasie gelewer.

Trouens, in elke klas waaraan sy die naweek aan die Suid-Afrikaanse Holsteinkampioenskappe in Thornhill deelgeneem het, het sy stof in die oë van haar mededingers geskop. Kampioen in die produksieklas, kampioen in die uierklas, kampioen in die senior klas en uiteindelik grootkampioenkoei van 2016.

En daar slaan haar eienaars, Brett en Grant Puttergill van Puttergill Farming by Thornhill, sommer ’n dubbele kishou: een van hul ander inskrywings, Fever Poppy 12007, is as reserwegrootkampioenkoei aangewys.

“Dit is ’n groot eer gegewe die sterk mededinging. Dit is die kersie op die koek van jare se noukeurige seleksie en teling,” het die broers gesê.

Colette Masterson van die plaas Milagro by Oesterbaai, hooforganiseerder van vanjaar se kampioenskappe (wat al om die ander jaar gehou word), het gesê dit is die eerste keer dat dit in die Oos-Kaap aangebied word. Altesaam 16 telers van reg oor die land het vanjaar 157 diere ingeskryf.

“Ons sou dit nie kon aanbied sonder die borgskappe van sowat R500 000 wat ontvang is nie. Die naamborg was Woodlands Dairy en die vier platinumborge Afgri, DeLaval, Die Koöperasie en Semex.”

Herman Duvenage, hoofbestuurder van SA Holstein, het gesê dit was die beste deelname nóg aan die kampioenskappe en een van die bes georganiseerde byeenkomste wat hy nog beleef het.

“Skoue is uit die aard van die saak hoogs mededingend, maar die goeie gesindheid tussen vanjaar se deelnemers was opvallend. Die uitstekende organisasie en beeldskone plek waar dit aangebied is, het waarskynlik baie hiertoe bygedra.”

McKinven, wat die afgelope 20 jaar as beoordelaar reg oor die wêreld optree en self ’n melkboer is, het gesê die diere wat vertoon is, kan met die beste ter wêreld vergelyk word.

“Opvallend is hoe die gehalte van die koeie sedert 2003, toe ek die eerste keer in Suid-Afrika Holsteins beoordeel het, verbeter het. Dit is duidelik dat Suid-Afrikaanse telers baie meer aandag aan funksionele doeltreffendheid en melkbaarheid gee en met die bestes ter wêreld kan meeding.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.