Soet,

2017-08-17 06:03
: Die Agrimark Nartjiefees oorheers aan die einde van September die plaaslike jolyt-kalender.Foto: VERSKAF

: Die Agrimark Nartjiefees oorheers aan die einde van September die plaaslike jolyt-kalender.Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HARTE gaan warm klop en voete jeuk wanneer die Agrimark Nartjiefees aan die einde van September die plaaslike jolyt-kalender oorheers.

Dié gewilde fees bring vanjaar die soetste nartjies én plaasvars groente, bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars en hope pret vir die hele gesin.

Feesgangers kan uitsien na heerlike etes en tuisgebak, smaaklike biltong en droëwors, geurige pannekoek en tuisgemaakte gemmerbier.

Top Suid-Afrikaanse sangers Snotkop, Elvis Blue, Jay, Sarah Theron, Elizma Theron, Manie Jackson en Dillon Lerm gaan die feesverhoog aan die brand sing.

Benewens die kos- en kunsmark-stalletjies, word die gewilde Mej. Nar-tjiefees-kompetisie en Mnr. Nartjiepit aangebied.

Groot pryse is op die spel.

Die groot “Nartjie-eetkompetisie” gaan, soos gewoonlik, vir groot pret sorg.

Avontuurlustiges kan die gewilde Climb the Wall takel.

Kunsmarkstallletjies is teen R250 beskikbaar.

Die familiefees vind op 30 September by die NG Kerk Loerie plaas.

Toegang beloop R100 vir volwasse-nes en R50 vir laerskoolleerders.

Vir meer inligting, skakel Amanda by 042 293 3472 of 082 318 6827.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.