Spanpoging om te wen

2018-04-26 06:01
’n Groep Jeffreysbaaiers het kragte saamgesnoer om hul tuisdorp op die wenkaart te sit - en wil graag die hele dorp. Estelle de Beer, Kouga se nuwe Speaker Hattingh Bornman, Leilane Coetzee en Joey Nel is deel van die span wat Jeffreysbaai Kwêla se wendorp wil maak.         Foto:VERSKAF

’n Groep Jeffreysbaaiers het kragte saamgesnoer om hul tuisdorp op die wenkaart te sit - en wil graag die hele dorp. Estelle de Beer, Kouga se nuwe Speaker Hattingh Bornman, Leilane Coetzee en Joey Nel is deel van die span wat Jeffreysbaai Kwêla se wendorp wil maak. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

‘n Groep Jeffreysbaaiers het kragte saamgesnoer om hul tuisdorp op die wenkaart te sit - en wil graag die hele dorp, Kouga-streek en provinsie by die veldtog betrokke kry.

Jeffreysbaai is Sondag op Kyknet aangekondig as die Oos-Kaap se finalis van Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie.

Die groot eindstryd, waar Suid-Afrikaners die geleentheid sal hê om per sms vir hul gunsteling dorp uit die nege provinsiale wenners te stem, vind vanaf 27 Mei tot 1 Junie plaas.

Die finaliste word weekliks op Kyknet se Kwêla aangekondig. Jeffreysbaai is die vierde naam wat bekend gemaak is.

“Die algehele wendorp kry R1-miljoen se gratis blootstelling op televisie en dan kom hou Kwêla ook n groot makietie, met vermaak uit die boonste rakke, vir die inwoners in September,” sê Joe Ferreira, voorsitter van die Kouga Besigheidsforum.

Volgens Ferreira, is die klem van die kompetisie op hoe lekker dit is om in ‘n plek soos Jeffreysbaai te bly.

“Elke dorp het sy ‘potholes’ en probleme. Dis nie waar-oor dit gaan nie. Dit gaan oor die mense en die gees van die dorp; die gevoel van samehorigheid.”

Die Besigheidsforum, Dorp van Drome, Jeffreysbaai Toerisme en Kouga-munisipaliteit het vyf weke gelede met die veldtog afgeskop toe Jeffreysbaai meegeding het om die Oos-Kaapse titel.

Met die provinsiale kompetisie agter die rug en die landswye titel nou op die spel, wil die span graag soveel moontlik ander belange groepe betrek.

“As ons die algehele wenner wil wees, gaan ons baie stemme vir Jeffreysbaai moet trek. Ons beplan dus ‘n groot bemarkingsveldtog om oud en jonk betrokke te kry,” sê Ferreira.

Volgens Kouga se nuwe Speaker Hattingh Bornman, was die Dorp van die Jaar-kompetisie een van die laaste projekte waaraan die ontslape burgemeester, Elza van Lingen, gewerk het.

Dit was haar vermoë om belange groepe saam te bring wat ons gehelp het om die provinsiale rondte te wen.

“Dit was soos ‘n eerbetuiging aan haar toe Jeffreysbaai op die vooraand van haar roudiens as die Oos-Kaap se wenner aangewys is.”

Die insetsel oor Jeffreysbaai,wat Sondag op Kyknet uitgesaai is, kan besigtig word op Kyknet se Youtube-kanaal by https://youtu.be/07cAZwocjuw

Enigeen wat belangstel om betrokke te raak by die wenpoging, word genooi om n epos na die Kouga Besigheidsforum te stuur by office@kougabusinessforum.com.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.