Speelgoed is Daan Compaan se passie

2018-11-08 06:00
Daan Compaan (77) van Jeffreysbaai, wat sy hele lewe lank handig is, maak unieke speelgoed van hout: van vleigtuie tot ossewaens en trekkers en karretjies. Daar is ook motors, stoeltjies en koetse.

Daan Compaan (77) van Jeffreysbaai, wat sy hele lewe lank handig is, maak unieke speelgoed van hout: van vleigtuie tot ossewaens en trekkers en karretjies. Daar is ook motors, stoeltjies en koetse.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DAAN Compaan (77) van Astonbaai staan met sy rug na die straat, onbewus van verbygaande motors en inwoners - die motorhuisdeur wawyd oop.

Sy oë skrefies teen die fyn stof, sy growwe hande besig met sy nuutste kunswerk en ’n tevrede glimlag pluk-pluk aan sy mondhoeke.

Op die tafel langs hom is ’n vliegtuig, ’n vragmotor sonder wiele - dié moet nog gemaak word - ’n trein met sleepwa, en ’n outydse koets. En stukke hout . . . groot en klein. Toe onder ’n laag houtsaagsels- en stof. Want hier word gewerk - of eerder gespeel.

Elke dag.

Dié voormalige siviele ingeneur en lugmag-kaptein maak vir die afgelope drie jaar speelgoed van hout - alles van prentjies en sonder ’n uur se opleiding.

Wanneer iemand een van sy hangemaakte houtspeelgoed koop, brand die trots en lekkerkry warm in sy binneste.

“Dit gaan nie oor die geld nie, hoewel dit welkom is. Ek wil mense, veral kinders, spesiaal en gelukkig laat voel.

“Dit maak my gelukkig . . .”

Maar Daan het nie altyd houtspeelgoed gemaak nie.

En van hout weet hy maar ‘baie min’. Behalwe dat hy die dennehout van herwinde palette vir sy speelgoed gebruik.

Saadjie

Waar is dié houtsaadjie vir Daan geplant?

By ’n onblusbare lus vir tee en ’n vrees vir hekel en brei - ongeveer drie jaar terug.

Daan lag: “Afgetree en met niks om te doen, het ek gedurig vir ’n koppie tee gebedel. Tot die groot ergenis van my vrou, Elize (77) - ’n kundige op die gebied van brei- en borduurwerk.”

Tot die dag wat sy genoeg gehad het.

Gewapen met ’n bol wol en naalde, was sy vasbeslote om hom te leer hekel en brei.

Maar watwou hekel en brei. Daan het dadelik koers gekies kelder toe.

En híér inspireer ’n eenvoudige prent van ’n ossewa hom om sy hand aan houtwerk te waag.

Twee weke later is sy eerste ossewa van hout klaar.

Vandag kan hy dié ossewa in net twee dae bou.

En ’n koets wat aan die begin ses weke geneem het om te maak, bou hy nou binne twee weke.

Voor hy hom kon kry, maak hy allerhhande speelgoed van hout - selfs vir ’n plaaslike restaurant se speelarea.

Speelgoed

Daan, wat sy lewe lank handig is, glimlag trots: “Die eerste paar karretjies was net blokkies met wiele.

“Toe maak ek ’n vliegtuig (sy gunsteling speelding, van die Spitfire tot die Tiger Moth, en selfs die 707 Boeing) . . . en toe word die eenvou-dige karretjies spoggerige motors.

“Toe volg ses verskillende vliegtuie, ossewaens, trekkers, treine en stoeltjies.

“Elke handgemaakte speelding is uniek en anders - en verander soos dit vorder. Wat as ’n Amerikaanse Hummer begin, eindig dalk as ’n tenkwa.

“En al die foute sit op verskillende plekke - maar net ék weet van dié foute.”

Daan, wat sy werkswinkel van die grond af moes opbou, werk etlike ure per dag in sy moturhuis - besig om te skuur, saag en nuwe speelgoed te maak.

“Die asem is min en die bene wil nie altyd lekker hou nie. Vernaam as ek by die draaibank wieletjies maak. Dan is ek die hele dag op my voete.”

Terapie

Daan, wat sy groot verskeidenheidspeelgoed by die Milkwood-mark agter Fountains Mall in Jeffreysbaai verkoop, sê: “Ek geniet dit vreeslik om die speelgoed te maak. Dit is soos terapie en hou my hande besig en my kop aan die gang.

“As iets verkoop, is ek bly. Daardie ekstra geldjie is ook nie onwelkom nie.

“As dit nie verkoop nie, sal baie kinders Desember speelgoed kry.

“Ek speel defnitief lekkerder as die kinders.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.