St. Francisbaai: Bewaar saam vir nageslagte

2018-10-11 06:03
= Die twee nuwe reservate - die Sandrivier Privaat Natuurreservaat en Krommensee-reservaat in St. Francisbaai - is saam maar ’n aks onder 3 km² groot, maar dit is ’n groot mylpaal vir die Greater Kromme Stewardship (GKS) wat jare lank al streef om die reservate gevestig te kry Wentzel Coetzer in die Krommensee-reservaat.                Foto’S:MARISKA SPOORMAKER

= Die twee nuwe reservate - die Sandrivier Privaat Natuurreservaat en Krommensee-reservaat in St. Francisbaai - is saam maar ’n aks onder 3 km² groot, maar dit is ’n groot mylpaal vir die Greater Kromme Stewardship (GKS) wat jare lank al streef om die reservate gevestig te kry Wentzel Coetzer in die Krommensee-reservaat. Foto’S:MARISKA SPOORMAKER

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE wind in die nuutgestigte Krommensee-natuurreservaat speel beeldhouer met die duinsand en dryf dit in forma-sies tot dit soos ’n skaalmodel van die Grand Canyon lyk.

Binneland se kant toe vat die fynbosveld sy “wind-pak” met gemak. Die menslike voetspoor is nog klein genoeg hier en die verskillende spesies stut mekaar teen die tierende wind.

In hierdie stukkie byna ongerepte kus fynbosveld vind bosbok, bosvarke, grysbokkies en duikers skuiling in ’n wêreld waar aanhoudende ontwikkeling hul habitat toenemend laat krimp.

Wanneer ’n mens hier op die strand staan en regs kyk, sien jy St. Francisbaai se baksteen en beton doer ver by die Kromriviermonding. Kyk jy links, is dit uitgestrekte wit strand soos in die vakansiebrosjures, maar klim op ’n hoër duin en kyk links na die binneland en jy sien Paradysstrand se huise.

Vir eers is hierdie stukkie natuur en die nuwe Sandrivier Privaat Na-tuurreservaat veilig. Die twee nuwe reservate is saam maar ’n aks onder 3 km² groot, maar dit is ’n groot mylpaal vir die Greater Kromme Stewardship (GKS) wat jare lank al streef om die reservate gevestig te kry.

Die GKS is ’n samewerkingsinisiatief tussen die Kromme Enviro Trust, ’n burgerlike bewaringsgroep wat hom beywer vir die bewaring van Kaap St. Francis se na-tuurerfenis, en die Windplaas Kol-lektief, ’n groep eensgesinde windplaasontwikkelaars (Jeffreysbaai-, Kouga- en Tsitsikamma Gemeenskaps-, Oesterbaai- en Gibson Bay-windplase en Red Cap Energy). Die WWF Tafelbergfonds het ook geld vir die regsprosesse rondom die proklamering van die twee natuurreservate geskenk.

Dit begin reeds in 1981

Om behoorlik te verstaan hoe die vurk in die hef steek, moet ’n mens vir ’n oomblik in die verlede gaan delf.

Begeesterde voëlkykers en bewaringsbewustes, baie van hulle afge-tredenes uit professionele beroepe, het die Kromme Enviro Trust in 1981 gestig. Weens die groot gevaar wat windturbines se lemme vir voëls en vlermuise inhou, was die trust gekant teen die oprigting van windplase in hul streek en het hulle ook stem dikgemaak tydens die openbare deelnameprosesse.

Die Windplaas Kollektief is be-wus van die gevare wat die turbines vir voëls inhou en het die insette van die trust verwelkom.

Noudat die windplase opgerig is, monitor lede van die Kromme Trust die windplaasgebiede – meestal met die toestemming van die eienaars – om seker te maak dat die omgewingsbewaringsbeginsels, soos neergelê in die windplase se ontwikkelingsvoorwaardes, nagekom word.

Dis dié noue samewerking tussen die twee groepe wat gelei het tot die stigting van die Groter Kromme Stewardship (GKS) in 2015 om die biodiversiteit van die groter Kromme-streek (in gebiede wat nié deur die windplase geraak word nie) te bewaar en beskerm.

Intussen het die provinsiale departement van omgewingsake en toerisme en privaat grondeienaars hul steun aan die projek toegesê.

Die twee nuut geproklameerde parke is ’n toonbeeld van wat dié soort samewerking kan verrig.

Maggie Langlands van die Kromme Enviro Trust is uitgelate, maar ook verbaas oor al die bewaringsverwikkelinge.

“Toe ons bymekaargekom het oor die projek, het ons nie besef dit sal tot so iets buitengewoon lei nie.

“ ’n Onafhanklike assessor sê nou vir ons hierdie GKS-inisiatief het meer prioriteitsgrond vir bewaring in die Kouga-streek verseker as wat enige ander inisiatief die afgelope 50 jaar kon doen,” sê Langlands.

Boere ook betrokke

“Hierdie (natuurreservaat) maak dat ek nie moed verloor om natuurlike gebiede behoue te laat bly vir die nageslagte nie,” sê Wentzel Coetzer, natuurbewaarder in diens van Conservation Outcomes, waar hy in die Krommensee se fynbosveld staan.

“Conservation Outcomes is ’n bewaringsorganisasie sonder winsbejag wat as die implimenteringsagent vir die nuwe reservate aange-stel is.”

Wentzel het die afgelope twee en ’n half jaar hard gewerk om die twee nuwe reservate geproklameer te kry. Hy sê dit is belangrik om ook privaat grondeienaars by die bewaringsinisiatief te betrek, omdat dit nodig is om verskillende biome oor ’n wye gebied in stand te hou om plant- en dierespesies asook biodiversiteitstelsels gesond te hou.

’n Plaas in hierdie streek dien byvoorbeeld as broeigebied van die skaars witkruisvleivalk. Danksy die unieke GKS “vennootskap-bewaringsbestuur” beteken dit nie noodwendig dat sulke soort landbougrond as reservaat of beskermde gebiede verklaar hoef te word nie, maar dat natuurkenners die boer gratis oor bewarings sal adviseer.

“Baie grondeienaars is gretig om deel van die bewaringsinisiatief te word – veral as hulle hoor ’n unieke spesie kom op hul grond voor,” sê hy.

Natuurlik is daar ook agterdog, gee hy toe. “Maar as die grondeienaars eers verstaan waaroor dit gaan – onder meer dat hulle nie hul grond moet afstaan of boerderypraktyke staak nie – dan is hulle ontvanklik.”

Een van die langtermyn planne is om die ekostelsels in en om die duineveld naby Oesterbaai en die dinamiese Sandrivierstelsel te beskerm. Binne dié twee stelsels kom ’n unieke kombinasie van bewegende duine, vleilandstelsels, duine-stroompies en duinepoele voor wat ’n wye verskeidenheid landelike en akwatiese habitatte help skep.

Sandrivier Natuurreservaat

Die vestiging van die Sandrivier Privaat Natuurreservaat, op 123 ha van die groter St. Francis Links Gholflandgoed buite St. Francisbaai was die eerste groot stap om die duine- en Sandrivier-stelsels te be-skerm. Verskeie bedreigde, kritiek bedreigde fynbosspesies asook Khoisan-artefakte en skulpgruis-hope kom in dié reservaat voor.

“ ’n Mens vind die skaars soutpan-geitjie (Cryptactites peringueyi) ook hier,” sê y Wentzel.

“Dit is hoekom ons so dankbaar is dat omliggende grondeienaars ook dele van hul grond, waarop van hierdie unieke fynbosspesies en andersins ook kritiek bedreigde diere- en voëlspesies voorkom, beskikbaar stel.

“Die ideaal is om mettertyd ’n bewaringsgordel te vestig. Gesonde ekostelsels, biodiversiteitstelsels en vleilande sorg vir ’n lewenskragtige natuur en gesonde water, wat weer vir gesonder weiveld, gesonder vee, en gesonder mense help sorg.”

Nóg bewaringsgebiede

Wentzel voorsien dat nog twee amptelike bewaringsgebiede – die een ’n reservaat en die ander ’n beskermde gebied – binne die afsienbare toe-koms in dieselfde omgewing tot stand sal kom.

“Die werk is reeds ver gevorder hiervoor. Die een is die Oubos Grootrivier (50 ha) by die Grootri-viermonding wat grens aan die Tuinroete Nasionale Park. Die ander is die Kromme Geelhout-gebied (96 ha) wat tussen die Krom- en Geelhoutboomriviere geleë is,” sê Wentzel.

“Laasgenoemde gebied is besonders. Dit is een van die min plekke in die wêreld waar ’n mens steeds Humansdorp Shale Renosterveld kan vind. Dit was jare lank ’n bewa-rea en nou het die 11 grondeienaars besluit om dit na ’n beskermde gebied om te skakel.”

Die groot vraag is natuurlik of Jan en San Publiek die twee pasverklaarde en ander toekomstige reservate en beskermde gebiede sal kan besoek.

Wentzel sê dié vergunning berus by die grondeienaars. “Ons stel die bewarings-bestuursplanne binne regeringswetgewing op, bespreek dit met die grondeienaar en staan hom/haar by in die toepassing daarvan. Daar is géén voorwaarde of voorskrif ten opsigte van openbare toegang tot die grond nie.”

Enkele besoekers

Sowat vier van die 155 ha van die Krommensee-natuurreservaat sal wel versigtig ontwikkel word om toeriste te akkommodeer.

Die enkele huis wat reeds hier staan, dien as voorbeeld van hoe die ander huise sal lyk. Daar is geen pypleiding na enige rioolnetwerk, geen kragdrade, geen erfafbakenings of tuine en geen baksteen of be-ton nie. Die houthuis staan ook op pale.

Met ander woorde dit is onafhanklik van bestaande krag- en waterverspreidingsnetwerke.

Sonkragpanele en reënwatertenks staan hiervoor in.

Op die duin naby dié “netwerklose” huis kyk Wentzel Jeffreysbaai se kant toe uit.

In die kusgedeelte tussen die Gamtoosrivier tot by die Grootrivier is daar soveel unieke en endemiese dier- en plantspesies . . . ons droom is om eendag minstens 10 000 ha onder formele bewa-ring, soos bepaal deur die provinsiale biodiversiteitsraamwerk, te kry.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.