Staking deur Kouga-werkers duur voort

2017-03-09 11:36
= Die staking van werkers van die munisipale vakbond Samwu het Dinsdag voortgeduur in Jeffreysbaai se Da Gamaweg.                                   Foto: ROBBIE IRLAM

= Die staking van werkers van die munisipale vakbond Samwu het Dinsdag voortgeduur in Jeffreysbaai se Da Gamaweg. Foto: ROBBIE IRLAM

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Staking wat Maandag deur ontevrede werknemers van die Kouga-munisipaliteit begin is, het Dinsdag en Woensdag in Jeffreysbaai voortgeduur.

’n Ingangshek by die munisipale gebou op Jeffreysbaai is oopgebreek en ontlasting is na ’n gebou in Humansdorp gegooi, het Elza van Lingen, Kouga-burgemeester, in ’n verklaring gesê.

Die staking is Maandag begin deur lede van die munisipale vakbond Samwu, omdat onder meer 74 tydelike werkers se kontrakte nie hernu is nie.

“Die stakers het weer Jeffreysbaai ontsier, en ons het gehoor dat die strate van Hankey ook deurgeloop het,” sê Van Lingen.

Volgens Van Lingen het polisie die betogers uitmekaar gedryf, waarna plaaslike ondernemings ingespring het om Da Gamaweg in Jeffreysbaai skoon te maak. “Ons het versoek dat ons munisipale bestuurder, Sidney Fadi, met die raad se regsverteenwoordigers skakel sodat ons die korrekte proses volg in ons optrede teenoor die werkers.”

Marlin Sodien, Samwu-sekretaris, het Dinsdagmiddag gesê dié optrede sluit ’n hofsaak in, wat na verwagting Woensdagoggend voorkom. “Die munisipaliteit wil ’n interdik teen die staking kry,” verduidelik Sodien. “Ons het aansoek gedoen om buite die hof te betoog, maar dit is afgekeur.”

Die munisipaliteit het ’n kriminele klag teen die betogers geopen. Hulle het Woensdag hul eerste verhoor gehad.

Sodien het Maandag gesê die vakbond eis poste vir die werkers wat sedert 1 Maart werkloos is omdat hul kontrakte nie hernu is nie. “Hulle doen werk soos vaste personeel. Al wat ons vra, is dat daar drie maande kans gegee word sodat poste vir hulle geïdentifiseer word sonder dat hul kontrakte beëindig word.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham

Here are just ten of our favourite plus-sized models:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.