Stem vir Jeffreys as Oos-Kaap Dorp van die Jaar

2018-03-15 06:00

JEFFREYSBAAI is een van drie finaliste in die streeksrondte van Kwêla se gewilde Dorp van die Jaar-kompetisie.

Dorp van Drome, die Kouga Besigheidsforum en Kouga-munisipaliteit wil almal graag aanmoedig om vir Jeffreysbaai te stem in die kompetisie, wat groot voordele vir die wendorp inhou.

Die ander twee finaliste in die Oos-Kaapse rondte is Lady Grey en Rhodes.

Volgens Joe Ferreira, voorsitter van die Kouga Besigheidsforum, sal ‘n oorwinning baie beteken vir Jeffreysbaai en die Kouga-streek.

“Die nege streekswenners sal vanaf einde Mei meeding om die groot, landswye titel.

“Die algehele wendorp kry ‘n ongelooflike R1-miljoen se bemarkingswaarde van kykNet. Daar sal ook ‘n groot makietie in die wendorp gehou word, wat verfilm en op Kwêla uitgesaai sal word.”

Jeffreysbaai se veldtog om as Dorp van die Jaar gekroon te word, is deur die plaaslike tak van Dorp van Drome inisiëer en die vereniging dryf dit met die hulp van die Besigheidsforum en Kouga-munisipaliteit.

“Ons is trots dat Jeffreysbaai een van die Oos-Kaapse finaliste is,” sê Elza van Lingen, Kouga-burgemeester.

“Die munisipaliteit het oor die afgelope jaar hard gewerk om die dorp op te knap. Daar is nog baie wat ons graag sou wou doen en die Dorp van die Jaar-kompetisie kan ons help om verdere verbeterings aan te bring.”

Sy bedank Dorp van Drome vir die projekte wat hulle aanpak om Jeffreysbaai te verfraai.

“Hulle is net ‘n klein groepie mense, maar hulle omgee vir die dorp en positiewe gesindhede maak ‘n enorme verskil. Dit is lekker om met hulle te kan werk aan ‘n projek soos hierdie.”

Belangstellendes het tot Vrydag, 16 Maart, om 12:00 om vir hulle gunsteling dorp uit die drie Oos-Kaapse finaliste te stem.

“Dis baie maklik om te stem,” sê Deon Goosen, van Dorp van Drome.

“SMS eenvoudig ons dorp se naam - Jeffreysbaai - na die nommer 33157. Let daarop dat slegs die volle Afrikaanse naam, Jeffreysbaai, deur die stelsel getel sal word. Sms’e kos R1,50 elk. Die rondte laat slegs 30 sms’e per nommer toe.”

Enige dorp in Suid-Afrika en Namibië kan benoem word in die kompetisie, mits dit minder as 500 000 inwoners het, nie ‘n streekswenner in die laaste twee jaar was nie en nie ‘n wendorp die afgelope vyf jaar was nie.

Jeffreysbaai was die Oos-Kaapse wenner in 2015.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.