Stem vir Jeffreysbaai vanaf 27 Mei

2018-05-10 06:01

KOUGA-inwoners word gevra om die datums 27 Mei to 1 Junie groot in rooi op hul kalenders te merk.

DÍt is wanneer Suid-Afrikaners die geleent-heid sal hê om vir hul gunsteling dorp te stem in Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie.

Jeffreysbaai is een van die nege finaliste in vanjaar se kompetisie, wat groot voordele vir die wendorp inhou.

Enige dorp in Suid-Afrika en Namibië kan benoem word in die kompetisie, mits dit minder as 500 000 inwoners het, nie ‘n streekswenner in die laaste twee jaar was nie en nie ‘n wendorp die afgelope vyf jaar was nie.

Volgens Joe Ferreira, voorsitter van die Kouga Besigheidsforum, sal ‘n oorwinning baie beteken vir Jeffreysbaai en die Kouga-streek.

“Die algehele wendorp kry bemarking ter waarde van R1-miljoen. Kwêla kom hou ook dan sal ‘n groot makietie in die wendorp, wat verfilm en op Kyknet uitgesaai sal word.”

“Ons is trots dat Jeffreysbaai een van die finaliste is,” sê Horatio Hendricks, Kouga se nuwe burgemeester.

“Die munisipaliteit het oor die afgelope jaar hard gewerk om die dorp op te knap. Daar is nog baie wat ons graag sou wou doen en die Dorp van die Jaar-kompetisie kan ons help om verdere verbeterings aan te bring.”

Die stemlyne sal vanaf 27 Mei tot 1 Junie oop wees.

“Dis baie maklik om te stem,” se Ferreira.

“SMS eenvoudig die dorp se naam - Jeffreysbaai - na die nommer 33157.

“Let asseblief daarop dat slegs die volle Afrikaanse naam, Jeffreysbaai, deur die stelsel getel sal word. SMS’e kos R1,50 elk. Die finale rondte laat slegs 30 SMS’e per nommer toe.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.