Sukses hier boom vir boom geplant

2016-09-22 06:00
Voorsitter Venecia Janse (regs) van Oudrif Trust 2 in die Langkloof is as die oorkoepelende nasionale wenner van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se Vroue Entrepreneur van die Jaar in die uitvoermark-kategorie aangewys. Aministratiewe klerk (middel) Sandra Bruintjies is) as die tweede beste plaaslike vroulike werker aangewys. By hulle is Jolene Wildeman (ontvangsdame).                       Foto: MONIQUE BASSON

Voorsitter Venecia Janse (regs) van Oudrif Trust 2 in die Langkloof is as die oorkoepelende nasionale wenner van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se Vroue Entrepreneur van die Jaar in die uitvoermark-kategorie aangewys. Aministratiewe klerk (middel) Sandra Bruintjies is) as die tweede beste plaaslike vroulike werker aangewys. By hulle is Jolene Wildeman (ontvangsdame). Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IETS lyk nie reg nie: Sy is ’n donkerkop vrou in ’n helderooi bloes, romp en hakskoene in ’n plaaskantoor. Daar is ’n trekker, werkers in oorpakke en verskeie implemente, maar Venecia Janse (54) is hier tuis.

Wanneer sy begin praat oor appels, pere, spuite en chemikalieë, is dit duidelik dat sy presies is waar sy wil wees.

Janse, ’n dinamiese entrepreneur en appel-en-peer boer, is aan die stuur van sake by Oudrif Trust 2 op die Oudrif Landgoed in Louterwater, Krakeel. Sy bestuur dié plaas die afgelope vier jaar met ’n ysterhand.

Haar harde werk is onlangs beloon toe sy as die oorkoepelende nasionale wenner van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se Vroue Entrepreneur van die Jaar in die uitvoermark-kategorie aangewys is.

Medewerker Sandra Bruintjies is as die tweede beste plaaslike vroulike werker aangewys.

Dié toekennings vereer vroue vir hul bydrae tot voedelsekerheid, armoedverligting, werkskepping en ekonomiese groei in die sektor.

Janse se totale wengeld van R1 180 000 gaan hoofsaaklik vir die bestuur en vooruitgang van Oudrif Trust 2 aangewend word. ’n Bedrag van R150 000 sal tussen die werkers verdeel word.

“Die toekenning is wonderlik,” sê ’n verheugde Janse. “Die Here het dit op die regte tyd vir ons deurgebring.”

Janse vertel waar alles begin het: “Ek het op die ouderdom van 16 vir die eerste keer in die boorde van Oudrif Landgoed gaan werk. Daar was nie geld om hoërskool toe te gaan nie.

“Uitdun . . . snoei . . . pluk . . . vrugte pak . . . pakhuis-bestuurder - so het ek myself opgewerk.”

In 2005 het die eienaar van Oudrif Landgoed vir haar aandele in Appelkloof aangebied. “Ek het die geleentheid met albei hande aangegryp. Ons het die grond vir ses jaar aan Oudrif Landgoed verhuur en in 2012 met ’n skamele R185 000 self begin boer,” sê Janse.

“Die Humansdorp Koöperasie het vir ons ’n lening van R5 miljoen toegestaan. Ons stap sedertdien ’n pad saam met hulle.

“Waar ek begin het, dra in ’n groot mate by tot die sukses wat ons vandag pluk.”

Oudrif Trust 2 spog met 44 permanente werkers, waarvan 15 begunstigdes is, en 68 seisoenale werkers. “Ons is ’n goeie span en werk uitstekend saam,” sê Janse.

Janse-hulle boer met Granny Smith-, Pink Lady-, Top Red-, Braben-, Golden Delicious- en Royal Gala-appels, asook Forelle-, Rosy Mary- en EBC-pere.

Volgens haar lewer hulle ’n gemiddeld van 7 773 kratte vrugte per jaar wat ’n inkomste van R9.5 miljoen inbring.

Met ’n uitvoerpresentasie van 80%, word die vrugte na die Europese Unie, Asië, Rusland, India, en die Midde- en Verre-Ooste uitgevoer.

Plaaslik lewer hulle vrugte aan Johannesburg, Kaapstad, Pretoria, Golden Harbours en verskeie supermarkte.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.