Suksesvolle makietie lok duisende

2018-09-27 06:01
Kouga se brandweer en die Sea Vista-seekadette het Saterdag parade gehou by die KIA Makietie Jeffreysbaai.                        Foto:VERSKAF

Kouga se brandweer en die Sea Vista-seekadette het Saterdag parade gehou by die KIA Makietie Jeffreysbaai. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MEER as 10 000 mense het die naweek op Jeffreysbaai se karavaanpark toegesak om die dorp se oorwinning in die 2018 Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie te vier.

Die KIA Makietie Jeffreysbaai is deur inwoners en besoekers van heinde en ver ondersteun. Die fees het vanaf Vrydag tot Sondag, 21 tot 23 September, plaasgevind.

“Die makietie was ‘n reuse sukses. Die komplimente hou nie op met instroom nie,” sê Kouga-burgemeester Horatio Hendricks.

“Baie dankie aan almal wat ‘n bydrae gelewer het, vernaam die feeskomitee wat die leiding geneem het.

“Die samewerking tussen die onderskeie rolspelers was ongelooflik. Dit was weereens ‘n bewys van wat Jeffreysbaaiers kan verrig wanneer hulle saamstaan.

“Ons kyk reeds daarna om dit ‘n jaarlike instelling te maak.”

Van die land se top kunstenaars het by die makietie opgetree en is uitstekend ondersteun deur plaaslike talent.

Die Happy Feet-lyndansers en Aqua Ritmiese Gimastiekklub het toeskouers die Vrydagmiddag vermaak voor die gewilde Klawer en Wynand & Chereé aan die beurt gekom het. Die aand is afgesluit deur die Triangles-boereorkes, wat die gehoor behoorlik aan die skoffel gehad het.

Die kleinspan was vroeg Saterdag in hul hordes by die makietie vir Lollos en Lettie se “10 Jaar Basaar”, gevolg deur skitter vertonings deur plaaslike leerders in “Jeffreys Bay’s Got Talent”.

Nog ‘n hoogtepunt die oggend was ‘n parade deur Kouga se brandweer en die Sea Vista-seekadette, wat deur die polisie se berede eenheid vergesel is.

Die hoofprogram het om 18:00 gevolg, met top kunstenaars Willem Botha, Kurt Darren en Dr Victor & the Rasta Rebels, wat die groot skare tot laat die aand vermaak het.

Meer as ‘n duisend kerkgangers het Sondagoggend by die makietie bymekaar gekom vir ‘n gesamentlike diens, met Johnny Louw as prediker en optredes deur die “Victory Worship Band”.

Dit is gevolg deur verskeie koor- en gospeloptredes deur, onder meer, die NG Kerk Jubelkoor en Kouga muni-sipale koor.

“Met 80 stalletjies was daar oorgenoeg eet- en drinkgoed om feesgangers gelukkig te hou,” sê Chris de Vos, wat al drie dae by die fees was om foto’s te neem.

“Die terrein en toiletfasiliteite was ook voortdurend silwerskoon gehou deur die munisipaliteit,” prys hy.

“Jeffreysbaaiers het die naweek met trots bewys dat die dorp nie slegs die titel van ‘Dorp Van Die Jaar 2018’ verdien nie, maar dat die gemeenskap ook van die beste feeste in die land kan organiseer,” was die kommentaar van die Kyknet Kwêla-span.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.