Suster vang baba in Dis-Chem

2018-03-01 06:01
Suster Eldré Ferreira (49) van Dis-Chem in Jeffreysbaai, moes verlede Maandag regstaan om ’n gesonde 3.3kg babadogter in die lewe te bring.           Foto:MONIQUE BASSON

Suster Eldré Ferreira (49) van Dis-Chem in Jeffreysbaai, moes verlede Maandag regstaan om ’n gesonde 3.3kg babadogter in die lewe te bring. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HIER kom ek!

’n Gesonde 3.3kg babadogter, wat verlede Maandag haar eerste lewenslig in Dis-Chem by Fountains Mall in Jeffreysbaai aanskou het, het ’n wil van haar eie. Toe dié besluit het dit is tyd om die wêreld te betree, moes klinieksuster Eldré Ferreira (49) van Dis-Chem regstaan om haar te vang.

Volgens Ferreira, het die 32-jarige ma die oggend rondom 09:20 met erge maagpyn na die kliniek gekom - onbewus daarvan dat sy reeds nege maande swanger is.

“Ek het haar ondersoek en na die baba se hart laat luister,” sê Ferreira.

Die vrou het Ferreira se aanbod om ’n ambulans te bel van die hand gewys, en is terug werk toe. Net om 45 minute later terug te kom.

“Ek het haar op die bed laat lê, vinnig ondersoek en dadelik ’n ambulans ontbied,” sê Ferreira. “By hul aankoms, het ek die vertrek verlaat om ’n rolstoel te gaan haal. Met my terugkeer sekondes later, staan die vrou langs die bed besig om te druk.

“Daar was geen tyd om haar hospitaal toe te neem nie. Die baba gaan hier gebore word. Ek het net my handskoene aangetrek, toe is die baba se kop uit. Een druk later, en sy is gebore. ’n Gesonde 3.3kg babadogter.

“Hoewel ek al baie babas gevang het, is dit die eerste baba by Dis-Chem in Jeffreysbaai.”

Ma en baba is na die hospitaal geneem en is verlede Woensdag ontslaan.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.