Sy skryf teen die donkerte in

2015-12-03 06:00
Esmé Nel.         Foto: MONIQUE BASSON

Esmé Nel. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KINDERLOOS, geskei, kanker, depressie, alleen in ’n onbekende dorp . . .

Pensionaris Esmé Nel, voorheen ’n rekenmeester by ’n toonaangewende maatskappy in die Vrystaat, het nege jaar gelede met haar aankoms in Jeffreysbaai platsak by die hoeveelste kruispad in haar lewe te staan gekom. Sy kon of gaan lê en haar lot aanvaar, of terugbaklei en ander deur haar lewens- reis inspireer.

Eintlik was daar net een keuse: moed opgee is nie in haar woordeskat nie. Sy het immers drie keer kanker oowin. Deur al die moeilike tye en uitdagings wat oor haar pad gekom het, het sy nie ’n greintjie van haar vroulikheid, grasie of medemenslikheid ingeboet nie.

Dié dinamiese vrou het sopas haar debuut boek My Siel op Reis bekendgestel.

“Skryf is my terapie. Dit maak my heel,” sê Nel. “Ek skryf nie net omdat ek dit geniet nie, maar omdat dit my siel laaf.

“Ek hoop om vir die leser ’n ander uitkyk te gee op slegte gebeure. Dat wat ookal met jou gebeur nie jou toekoms bepaal nie. Jy kan kies of dit jou gaan beïnvloed of nie. Dit hoef nie jou lot te wees nie.”

Haar reis met woorde het reeds as jong dogter begin. “Ek het deur boeke die liefde vir woorde gevind. Ek het nagte omgelê en droom oor die boeke wat ek eendag gaan skryf. As tienermeisie, natuurlik vurige hygromans. Tydens my hoërskooljare het ek begin dig en almal verveel met my skrywes wat ek aleweig wou voorlees.”

Tydens haar studentejare en die jare daarna, het skryf die verwoording van haar siel geword. “Wanneer ek gelukkig of dankbaar was, hartseer of seergemaak gemaak gevoel het, het ek my tot skryf gewend,” sê Nel.

My Siel op Reis is die begin van ’n groot reis wat ek onderneem. Deur die boek te kon skryf moes ek by oomblikke in tyd stilstaan en herbedenk. Ek het dit geskryf na baie winde van veranderinge in my lewe gewaai het.”

My Siel op Reis, geskryf in die eerste persoon, strek oor dekades en skets die ware siel en emosies van Nel. Die boek is ’n mengelmoes van Afrikaans en Engels.

“Dit mag nie letterkundig korrek wees nie, maar ek skryf uit my hart uit,” sê Nel.

Volgens Nel het sy nie vir ’n oomblik oor die titel van haar boek gewonder nie. “My Siel op Reis is die toepaslikste naam vir die boek, omdat ek suiwer uit my siel uit skryf.

“Die reis is die verwoording van jare se reise - sommige dinge wat ek self ervaar het, en ander as waarnemings en lesse.

Volgens Nel sal die boek by oud en jonk aanklank vind.

Die omslag en illustrasies is die hande-werk van Tanya O’Connor - bekend vir haar treffer inkleurboeke vir grootmense. My Siel op Reis is vol illustrasies wat deur die leser ingekleur kan word.

En watter tipe boeke trek Nel nader wanneer sy ’n tydjie het om te ontspan? Beslis liefdesverhale, sy hou niks van rillers nie.

Sy is reeds hard aan die skryf aan haar tweede boek en hoop dat die binnekort die lig sal sien.

Vir meer inligting of om My Siel op Reis te koop, skakel Nel by 079 500 3964.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.