Syferslim Zander Adlam deur na eindronde

2019-06-13 06:00
Zander Adlam, ’n graad 7-leerder by die Victory Christian Skool in Jeffreysbaai, neem op 27 Julie aan die eindronde van die grootste nasionale aanlyn-wiskundekompetisie in Afrikaans by die Hoërskool Brackenfell deel.                                     Foto:VERSKAF

Zander Adlam, ’n graad 7-leerder by die Victory Christian Skool in Jeffreysbaai, neem op 27 Julie aan die eindronde van die grootste nasionale aanlyn-wiskundekompetisie in Afrikaans by die Hoërskool Brackenfell deel. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SYFERSLIM Zander Adlam, ’n graad 7-leerder by die Victory Christian Skool in Jeffreysbaai, neem op 27 Julie aan die eindronde van die grootste nasionale aanlyn-wiskundekompetisie in Afrikaans by die Hoërskool Brackenfell deel.

Dié kompetisie – oop vir gr. 10- tot 12-hoërskoolleerders en gr. 6- en 7-laerskoolleerders – word deur Netwerk24, in samewerking met Die Burger, Beeld, Volksblad en Cum Laude Media aangebied.

Adlam is die enigste leerder van die Kouga-distrik wat na die finale ronde deurgedring het.

Vir Adlam, wie ’n groot liefde vir wiskunde en tegnologie het, was die aanlyn-wiskunde-kompetisie ’n lekker uitdaging.

En die pluspunt?

“Ek kon my skool verteenwoordig en vir hulle, sowel as vir myself, ’n ekstra geldjie verdien,” sê Adlam, wat vir nuwe Lego-blokkies spaar.

“Die kompetisie was nie vir my so moeilik nie. Ek kon al die somme met gemak uitwerk, behalwe vir drie waarvan ons nog nie al die bewerkings en formules geleer het nie.

“Ek was baie positief en opgwonde voor die kompetisie, maar ná die toets het ek begin twyfel, en nie gedink ek staan ’n kans om na die eindronde deur te dring nie.”

Hoewel Adlam nie vir die eerste ronde voorberei het nie, behalwe vir die aanlyn-oefenronde, is hy nou hard aan die oefen met die hulp van sy onderwysers.

Adlam blink ook op kulturele-gebied uit. In 2018 het hy na die nasionale finale ronde van die WOW Spelfees deurgedring en die hoogste punte nasionaal vir DROMME Graad 2 Rock School behaal.

In 2019 het han aan die semi-finale ronde van die ATKV-redenaars en Radikale Redenaars deelgeneem.

Verder bespeel hy verskeie instrumente: klavier, kitaar, dromme en ukulele.

Adlam droom daarvan om ’n sagteware ingenieur of ’n geoktrooieerde rekenmeester te word.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.