Tot siens tande, hallo stoep

2017-03-23 06:02
Na byna ses dekades in dié bedryf, lê een van Suid-Afrika se oudste tandtegnoloë, Charles Keyzer (74) die tuig neer.                                                                   Foto:MONIQUE BASSON

Na byna ses dekades in dié bedryf, lê een van Suid-Afrika se oudste tandtegnoloë, Charles Keyzer (74) die tuig neer. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TANDE soos die van Olivia Newton John vir ’n vrou wat 90 nader, en ’n man wat ’n tand wil hê waar geen tand - eg of plastiek - ooit weer sy lê sal kry nie.

Onmoontlike versoeke.

Tog sal een van Suid-Afrika se oudste en beste tandteg-noloë, Charles Keyzer (74), sy beroep vir geen ander verruil nie - behalwe vir die van ‘stoepsitter’. Al moes hy menige dae hare op sy tande hê.

Keyzer, wie se hande vir niks verkeerd staan nie, het aan die einde van verlede maand na 56 jaar in dié bedryf die maak van kunstande finaal gegroet.

“Na byna ses dekades het die werk iewat ‘lank in die tand’ geword . . . Om werk toe te gaan, was ’n roetine en nie meer ’n uitdaging of plesier nie. Dit was tyd dat ek aftree.”

Die beroep as tandtegnoloog het in 1960 onverwags sy pad gekruis.

“Ek was ’n happy go lucky outjie en het glad nie in skool belanggestel nie,” vertel Keyzer laggend. “En ek het nog minder daarvan gedroom om kunstande vir ’n lewe te maak.”

Maar toe die geleentheid as vakleerling sy pad kruis, het hy dit aangegryp en in 1965 as tandtegnoloog in Germiston gekwalifiseer. Sy spesialiteit is kunsgebit.

“Ek het geen idee hoe ek die teorie-gedeelte geslaag het nie - ek het nóóit geleer nie. Dit moet die praktiese deel wees wat my deurgetrek het.”

Keyzer het in 1969 sy eie onderneming begin.

Hy en sy vrou van 48 jaar, Ria (75), het in 1982 na Jeffreysbaai verhuis. Slegs ’n jaar later kruis sy pad met die van dr. Daantjie Rossouw, ’n bekende tandarts in Humansdorp.

“Sedertdien was ons genote. Ja, ‘genote’, nie vennote nie. Ons was ’n gedugte span,” sê Keyzer wat as ’n kontrakteur gewerk het.

Hier het hy tot en met sy aftrede op 28 Februarie gewerk.

“Ek kan Daantjie en sy vrou, Mariaan, net lof toeswaai. Hulle is wonderlike mense en hy is ’n baie goeie tand-arts.”

Keyzer sê daar is twee dinge wat hy haat: mense wat spog, en diegene wat dink hulle is beter as ander.

Maar daar is twee dinge waaroor hy kan spog: nonsens praat en tande maak.

“Mense het van heinde en verre gekom sodat ek vir hulle tande kan maak.” vertel Keyzer sonder ’n sweempie grootpratery. Dit is ’n feit.

Hy vertel dat die voorbereidingswerk die belangrikste is. “Dit maak van kunstande is baie arbeidsintensief. Ek doen alles met die hand - van die maak van die modelle tot die skuurwerk.

“Elke persoon se mond is anders; dit is soos ’n vingerafdruk. Die kunstande moet by die pasiënt pas - dit sluit die kleur, vorm en grootte in.”

Wat het hy die meeste van sy beroep geniet? “As mense sê hulle tande is mooi en hulle is tevrede - niks anders nie.”

Menigte vakleerlinge is deur sy hande, insluitende die oud-bokskampioen Gerrie Coetzee.

“My beroep was baie goed vir ons.”

En het Keyzer kunstande? “Ja, maar dit lê meer op die tafel as wat dit in my mond is.”

Keyzer beoog nou om saam met sy vrou te reis en op die stoep te sit, en om vir eers so min as moontlik te doen.

“Miskien doen ek ’n bietjie sweiswerk - ek het nog altyd daarvan gehou.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.