‘Township’-bokkie nou baas van die plaas

2016-07-28 06:00
Wanneer die drie-maande-oue Impe lustig aan sy mensma, Anka van Rooyen (19), se vingers suig, is die “moederliefde” onmiskenbaar.                         Foto: MONIQUE BASSON

Wanneer die drie-maande-oue Impe lustig aan sy mensma, Anka van Rooyen (19), se vingers suig, is die “moederliefde” onmiskenbaar. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

WAS dit nie vir die blonde plaasmeisie nie, was dié wees “township”-bokkie waarskynlik rerig bokveld toe.

Anka van Rooyen (19), plaasbestuurder by Pabala Wildsplaas tussen Loerie en Hankey, sou nooit kon raai dat haar eersteling ’n duiker sal wees nie.

Wanneer die drie maande-oue Impe lustig aan sy mensma se vingers suig, terwyl sy ewe groot-mevrou op die bed lê, is die “moederliefde” onmiskenbaar.

Volgens Van Rooyen, het hulle Impe twee maande terug van ’n onbekende man in Port Elizabeth ‘gered’. “Hy wou haar vir R50 in een van die informele nedersettings verkoop,” sê Van Rooyen.

Van Rooyen, wat drie jaar by ’n nasionale roofdiere park gewerk het en ’n wildsbe- stuurkursus voltooi het, het Impe dadelik onder haar vlerk geneem. Voor sy groot genoeg was om melk uit ’n handskoen te drink, het Van Rooyen haar met die mond gevoer.

Sy is ’n ‘ou hand’ wanneer dit by die rehabi-litasie van diere kom: van meerkatte tot leeu-welpies en krimpvarkies tot muishonde.

Impe mag dalk klein wees, maar sy laat jou gou verstaan dat sy die eintlike baas van die plaas is - al wil almal dit nie erken nie.

En soos dit die ‘baas’ betaam, slaap sy knus op die bed - watwou van die kussing wat langs die bed lê; dit is beslis nie háár styl nie. As daar nog ’n gaatjie op die bed oor is, mag haar mensma maar daar opkrul.

Van Rooyen vertel sy moes vir die eerste paar weke met baie min slaap oor die weg kom. “Impe kon net nie my hare en ore uitlos nie.”

Wanneer sy nie die warm winterson op die bed opsoek nie, loop sy ewe kordaat deur die huis of gaan speel met haar maats, Bokkie en Snoepie, wat hulle eie kamp langs die huis het.

Hoe Impe van haar warm bed sal afskeid neem wanneer sy ’n tuiste in ’n groter kamp kry, sal ’n storie vir ’n ander dag wees.

Gaan kuier vir Impe

Inwoners en besoekers aan die Gamtoosvallei kan ook by Pabala Wildsplaas met Impe gaan poot-skud.

Impe deel die plaas van nagenoeg 280 hektaar met blouwildebeeste, wit en bruin blesbokke, saalrug blesbokke, rooibokke, koedoes, blesbokke, duikers en njalas.

Die ongerepte natuurprag sorg vir ure se kykgenot.

Van Rooyen, wat bestuur sedert sy 11 is, sal wildliefhebbers op ’n onvergeetlike rit neem.

Besoekers kan kies tussen vyf spoggerige tente - perfek vir diegene wat aan glamping glo, of ’n kothuis. Daar is ook 10 staanplekke vir tente.

Vier staproetes van tussen 500m en 2km, kry die litte los, of laat jou daardie oordadige middagete afstap. Die roetes neem stappers deur bosse, verby yslike bome en tot hoog op koppies wat oor die plaas waghou.

Pabala Wildsplaas bied ’n uitsonderlike strand-tot-bos ervaring.

Vir die rehabilitasie van wilde soogdiere, skakel Wernich Cronje by 083 432 8108.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.