Trap saggies tussen dié bosreuse

2017-01-19 06:02
Die Tsitsikamma Groot Boom staan trots en waghou oor die bome-paradys by die Tuinroete Nasionale Park in die Oos-Kaap                Foto’s: MONIQUE BASSON

Die Tsitsikamma Groot Boom staan trots en waghou oor die bome-paradys by die Tuinroete Nasionale Park in die Oos-Kaap Foto’s: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BREEK weg van die stadsgewoel na ’n plek waar tyd stilstaan; waar die oorverdowende stilte van die bos hard met jou praat en ’n reuse, oeroue Outeniqua-geelhoutboom jou siel saggies aanraak.

Aan die kant van die N2, net verby die Stormsrivier Total Village van Jeffreysbaai af, lei ’n parkeerterrein na wandelpaadjies deur die spikkel-lig van die welige, koel Tsitsikammabos in die Tuinroete Nasionale Park.

Daar is drie roetes: die 1km-sirkelroete vat besoekers tot by die Tsitsikamma Groot Boom - ’n gemaklike 10 mi-nute se stap. Twee roetes is vir die meer onverskrokke stapper en begin by dieselfde plek: ’n 2.6km-roete, asook ’n 4.2km-roete.

Name van bome word langs die pad aangedui, en die verskillende roetes is goed gemerk.

Die roete bekoor vanuit die staanspoor. Ons stap dieper die bos in, oor gemaklike houtwandelpaadjies en onder ’n digte blaredak van verskillende bome só verweef dat beperkte sonlig deursyfer.

Na 500m maak die bos skielik oop. ’n Yslike Outenie-kwa-geelhoutboom - beter bekend as die Tsitsikamma Groot Boom - staan trots en waghou oor die bome-para-dys. Die grysaard is meer as 800 jaar oud en staan 36+m hoog, en het ’n stamomtrek van 9m - ’n reus onder reuse.

Eerbiedig raak ek aan die reus . . . hy práát met my siel. ’n Storieskatkis van houtkappers, bospaadjies en olifante lê in sy stam opgesluit. Ek maak my oë toe en verbeel my ek hoor die swaar voetval van Oupoot. In die agtergrond breek die dowwe gekap van ’n houtkapper se byl die stilte. ’n Magiese oomblik.

Dan is dit tyd vir verder stap.

Van hier volg ons die 2.6km-staproete. Die houtwandelpaadjie maak plek vir ’n smal voetpaadjie wat kronkelend sy pad deur bome en varing vind. Bome gesels kreu-nend en steunend saam, terwyl kleurvolle swamme welig op boomstamme groei. Kyk uit vir die geveerde geselsers en bokkies.

As dit genoeg gereën het, kan jy jou dors by twee helder waterpoele les.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.