Treurende moeder ontvang hulp na dood van kind

2018-09-13 06:01
Na skielike afsterwe van haar vierjarige kleuter het die werklose enkelouer swaar getref, maar onverwagte hulp en simpatie het die las ietwat verlig toe JJ Oosthuysen (na verneem, van Johannesburg) aktief by haar nood betrokke geraak het. Foto:VERSKAF

Na skielike afsterwe van haar vierjarige kleuter het die werklose enkelouer swaar getref, maar onverwagte hulp en simpatie het die las ietwat verlig toe JJ Oosthuysen (na verneem, van Johannesburg) aktief by haar nood betrokke geraak het. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE hartseer moeder van Godfrey Geswint jr., die jong seuntjie wat verlede Donderdag in Jeffreysbaai gesterf het na ’n motorongeluk, het onverwags uit verskeie oorde hulp ontvang.

Die skielike afsterwe van haar vier-jarige kleuter het die werklose enkelouer swaar ge-tref, maar onverwagte hulp en simpatie het die las ietwat verlig toe JJ Oosthuysen (wat tussen Johannesburg en Jeffreysbaai pendel en meestal in Afrika werk) aktief by haar nood betrokke geraak het.

Onder sy leiding het mense bygedra om haar elektrisiteit te laat her-aanskakel, selfoontyd te koop en kruideniersware vir die familie te laat aflewer. ’n Grootskaalse finansiële poging is verder van stapel gestuur, en haar huis is oorgeverf en ’n netjiese betonstrook voor die huis gegooi met die oog op die begrafnis.

Sitkamermeubels is vervang en reëlings getref om vir haar werk te kry. Die begrafnis van die kindjie het verlede Saterdag plaasgevind, en na berig sou sy ná die naweek by haar nuwe werkgewer inval.

Dit het op openbare media gegons toe baie lede van die publiek nie slegs hulle dank en waardering uitgespreek het nie, maar ook hulp aangebied het.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.