Tsitsikamma-park: ‘Bouwerk moet besoekers nie weghou’

2016-07-07 06:00
: Die ingang van dié gewilde park by Stormsriviermond word opgeknap. Foto: VERSKAF

: Die ingang van dié gewilde park by Stormsriviermond word opgeknap. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIT lyk dalk of die hekke by die Tsitsikamma Nasionale Park toe is, maar die park ís oop en verwelkom besoekers. Die ingang van dié gewilde park by Stormsriviermond word opgeknap.

Dit is een van drie projekte van opknapping ter waarde van R17 miljoen wat die Tuinroete se nasionale parke sal ondergaan.

“Al die opknappingswerk sal op die bestaande voetspoor gedoen word; dus is geen omgewingsimpakstudie nodig nie,” sê Nandi Mgwadlamba, woordvoerder van Sanparke.

Die eerste projek is die opgradering van die Tsitsikamma-park se ingangshek, waar motors in die spitsseisoen tot ’n kilometer ver opdam.

“Die nuwe ingang sal drie bane hê en oor die jongste tegnologie beskik wat toegang tot die park sal vergemaklik,” sê Andile Namntu, sake-ontwikkelingsbestuurder van Sanparke. Namntu sê hy is veral opgewonde oor die nuwe hek wat met ’n skandeerder besoekers met ’n voorafgekoopte e-kaartjie kan inwuif.

“Dit werk soos die skandeerders by lughawens, en behoort die proses, veral vir groot groepe, te bespoedig.”

Mgwadlamba voeg by dat besoekers nie deur die konstruksiewerk by die ingang afgesit moet word nie, aan-gesien ’n kort ompad hulle tot in die park sal neem. “Die nuwe ingangshek behoort teen die einde September voltooi te wees.” Die volgende projek, die bou van ’n nuwe restaurant vir die park, sal eers vroeg aanstaande jaar begin.

“Ons wil nie graag ons gaste en besoekers tydens die Kerstyd ontwrig nie, en daarom wag ons tot volgende jaar om met die nuwe restaurant te begin,” sê Namntu. Hy sê die park se bestaande houtrestaurant, met ’n uitsig oor waar die Stormsriviermond die see se branders ontmoet, sal platgeslaan en ’n nuwe gebou opgerig word.

“Besoekers moet egter nie bekommerd wees nie, want ’n tydelike restaurant en winkel sal gereed wees.”

Die derde en laaste projek is die verbetering van infra-struktuur in die Groot Boom-park. Volgens Namntu het Sanparke nooit verwag dat die massiewe geelhoutboom, wat sowat 31 m hoog staan en vermoedelik 800 jaar oud is, so baie besoekers sal lok nie.

“Die oorspronklike infrastruktuur was om klein besoekersgetalle te kan hanteer. Die afgelope paar jaar se stygende getalle het bevestig dat die bestaande infra-struktuur nie vir die groot voetverkeer geskik is nie.” ’n Koffiewinkeltjie sal ook naby die boom opgerig word.

Volgens Namntu sal die bouwerk vroeg volgende jaar afgehandel wees.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.