Twee beeste dood in Humansdorp-ongeluk

2017-08-10 06:02
Die Discovery Range Rover waarmee Danika Scheepers en Irma Jansen van Niewenhuizen gery het, het verlede Donderdag tromp-op met beeste op die R332 buite Humansdorp gebots.. Foto:VERSKAF

Die Discovery Range Rover waarmee Danika Scheepers en Irma Jansen van Niewenhuizen gery het, het verlede Donderdag tromp-op met beeste op die R332 buite Humansdorp gebots.. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MOTORISTE het verlede ternouernood aan die dood ontkom in ’n botsing met beeste op die R330 buite Humansdorp.

Dié ongeluk het verlede Donderdag omstreeks 23:00 plaasgevind. Die bestuurder van ’n Discovery, het tromp-op met die beeste gebots, waarna een van die diere voor ’n drywer van ’n VW Amarok beland het.

Volgens polisiewoordvoerder kaptein Gerda Swart, het die bestuurder van die Amarok uitgeswaai en nog ’n bees getref.

Kort hierna het nog ’n ongeluk plaasgevind toe ’n polisievoertuig wat na die ongelukstoneel uitgeroep was, teen een van die beeste in die pad vasgery het.

Twee beeste is dadelik dood.

Nie een van die insittendes is beseer nie.

Maatskaplike Dienste Portefeulje Raadslid Daniel Benson sê: “Die Kouga-munisipaliteit se wetstoepassingeenheid skut deurlopend verdwaalde diere. Die huidige uitdaging is dat ons tans net een sleepwa en ’n gehuurde voertuig het om dié operasie regoor die Kouga uit te voer. 

“Terwyl ons ons wetstoepassingseenheid sal opskort, is ons uiteindelike doel om hierdie probleem by sy bron te stop. Om dit te bereik, benodig ons die samewerking van alle rolspelers; insluitende vee-eienaars, opkomende en kommersiële boere, asook wykraadslede en die Departement van Landelike Ontwikkeling en Landelike Hervorming.”

Benson gaan voort: “Ons is dankbaar vir die vee-eienaars wat die boodskap ter harte geneem en maatreëls ingestel het om hul diere sonder toesig van die pad af e hou.”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.