Twee-en-tagtig jaar – en die beste lê voor

2019-04-25 06:00
Danie Nel en sy vrou, Helene, is gereed vir nog groot dinge in die toekoms. Dié twee kerklike bedienaars vier op 25 April hul 62ste huweliksherdenking.                                                     Foto:VERSKAF

Danie Nel en sy vrou, Helene, is gereed vir nog groot dinge in die toekoms. Dié twee kerklike bedienaars vier op 25 April hul 62ste huweliksherdenking. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TWEE-en-tagtig jaar, twaalf gemeentes in vyf provinsies, en vyftien lande later – en Danie Nel en sy vrou, Helene, is gereed vir nog groot dinge in die toekoms.

Dit klink half onwerklik, maar dié twee kerklike bedienaars wat op 25 April hul 62ste huweliksherdenking vier, het hierdie dinge (en veel meer) gedoen, en is steeds voltyds aan die gang. Hy sê tong in die kies dat hulle self nie aldag weet of hulle leraars of “travelaars” is nie.

Nel het as jongman ’n vakleerlingskap deurloop, maar die roeping om mense in geestelike verband te be- dien, was te sterk. Nadat hy hom vir die bediening bekwaam het, is hulle na hul eerste gemeente beroep.

Hulle het dit nie in daardie stadium besef nie, maar hulle sou uiteindelik in ’n aantal provinsies bedien: die destydse Natal, Vrystaat, Gauteng, Wes-Kaap en Oos-Kaap.

Hulle hoeveelheid beroepe na gemeentes, waarvan hy eindelik twaalf aanvaar het, sê genoeg van hoe lank hulle as pastoriepaar in aanvraag was. Danie was in al die jare nie net op sy eie pastorale bediening gefokus nie, maar betrokkenheid by die nood van die breë publiek en opleiding van leiers was sterk in sy visier.

As gevolg van sy groter visie het hulle dus baie oorsese lande besoek en het hy in Amerika, Zambië, Malawi en die Oekraïene as spreker opgetree. Hulle is verder gevorm deur verskeie kulture deur besoeke aan Engeland, Skotland, Frankryk, Italië, Portugal, Thailand, Duitsland, Ne-derland, Spanje, Israel en Namibië.

Oral het hulle nood gesien, en daarom stuur hy tot vandag nog 800 dagstukkies via e-pos uit. Dit bereik mense in Kambodja, Australië, Amerika, Nederland en Portugal. Hulle is steeds betrokke in hul tuisgemeente in Jeffreysbaai, waar hulle verantwoordelik is vir die bediening van meer as 200 senior burgers.

Hy bedryf al vir 9 jaar ’n internet-Bybelskool wat leiers wêreldwyd oplei en skryf boeke om hulle en andere toe te rus. Sy Bybelskool is met Christ for the Nations Dallas, Texas geassosieer. By hierdie aktiwiteite maak hulle ruim plek vir hul vier seuns en hul gesinne, wat nege kleinkinders insluit. Van die kinders is oor die land en oorsee versprei.

Danie se onstuitbare ywer lei hom elke Saterdag na Fountains Mall waar hy met die publiek omgaan en sodoende sy “gemeente” besoek.

Vir hulle gaan die lewe eerstens om voortdurende uitreiking na ander vir wie hulle die wêreld ‘n aangenamer plek kan maak, en hoop kan skep – vir die huidige tyd waarin hoë eise aan mense gestel word, asook vir die toekoms.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.