Twee Jeffreysbaaiers vier 50 jaar saam

2017-02-02 06:01
Francois en Memory du Toit van Jeffreysbaai het onlangs hul vyftigste huweliksherdenking gevier.                  Foto:VERSKAF

Francois en Memory du Toit van Jeffreysbaai het onlangs hul vyftigste huweliksherdenking gevier. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

FRANCOIS en Memory du Toit van Jeffreysbaai het onlangs hul vyftigste huweliksher-denking gevier.

Hulle is die ouers van Dr. Jacques du Toit, kardioloog van Port Elizabeth, en Dr. Pierre du Toit, internis van Somerset-Wes. Hulle spog met ses kleinkinders waarvan drie seuns is en drie dogters.

Die Du Toit egpaar het mekaar as studente by die destydse Heidelbergse Onderwyskollege ontmoet en vier jaar later op 28 Januarie 1967 getrou. Hulle het saam vir 82 jaar ‘n loopbaan in die onderwys gevolg. Hulle was be-voorreg om, op ‘n stadium, vir twintig jaar saam op dieselfde personeel te dien en het eers in Pretoria, daarna in Potchefstroom en later in Rustenburg gewoon en gewerk.

Sedert hul uitdienstrede in 2006 het hulle ankerplek in Jeffreysbaai gevind waar hulle baie gelukkig is.

Hulle speel gereeld tennis en stap dikwels op die strand. Francois doen houtwerk en skilder graag terwyl Memory die afgelope ses jaar ‘n paar boeke die lig laat sien het.

Hulle beskou dit as ‘n groot voorreg en genade om na soveel jaar nog saam te kan wees – ‘n voorreg wat nie almal beskore is nie.

Die enigste ding waaroor hulle spyt is, is dat hulle nie al vroeër in hul lewe in Jeffreysbaai kom woon het nie.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.