Twee sit lewenslank vir Stormrivier-moord

2017-10-26 06:00

DIE man wat ’n Wes-Kaapse vrou met opknappingswerk aan haar nuwe huis in die Oos- Kaap gehelp het en haar later vermoor het, moet lewenslank tronk toe gaan.

Die polisie het die verminkte lyk van Ina Marincowitz (59) in Januarie 2014 in die bosse langs die N2 naby Stormsrivier aangetref.

Marincowitz het pas ’n maand vroeër van Simonstad in die Wes-Kaap na die klein gemeenskap by Stormsrivier verhuis.

Marincowitz het Phillip Nel (41) aangestel om haar met opknappingswerk aan haar nuwe huis te help.

Kort daarna het hy saam met Louis Baardman (36) by Marincowitz se huis ingebreek.

Die twee mans het Marincowitz doodgeslaan en haar lyk in die bosse versteek. Hulle het hullehaar juwele, klere en elektroniese toerusting ter waarde van R80 000 uit die huis gesteel en in Marincowitz se motor gevlug.

Polisielede van die Stormsrivier-polisiekantoor het die betrokke aand omstreeks 21:00 ’n voertuig op die N2 gewaar en agterdogtig geraak omdat dit gelyk het asof die bestuurder nie goeie beheer oor die motor gehad het nie.

Die polisie het die motor agternagesit, waarna die bestuurder beheer verloor en die motor omgeslaan het.

By verdere ondersoek is die motor aan Marincowitz verbind en die polisie se honde-eenheid het haar lyk in die bosse, sowat 8km van waar die twee mans voorgekeer is, opgespoor.

Nel en Baardman is albei op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede in die streekhof op Stormsrivier skuldig bevind.

Volgens sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, is hulle Maandag elkeen tot lewenslange tronkstraf gevonnis op die aanklag van moord, asook ’n verdere 15 jaar op die aanklag van roof met verswarende omstandighede.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.