Tweede rampsverklaring na weghol brand

2017-08-17 06:01
: A runaway fire in the Thornhill and Longmore area destroyed some 27 000ha of farm land and plantation.PHoto: WERNER HILLs

: A runaway fire in the Thornhill and Longmore area destroyed some 27 000ha of farm land and plantation.PHoto: WERNER HILLs

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KOUGA se politieke hoofde het hand-aan-hand met munisipale brandbestryders, Working on Fire, Longmore MTO en gemeenskappe gewerk toe ‘n weghol brand in Junie 2017 verwoesting gesaai het in die omgewing van Thornhill en Longmore.

Die brand het verwoesting gesaai oor amper 27 000 hektar, insluitende die Longmore-plantasie en plase. ‘n Bejaarde egpaar is ook tragies oorlede toe hulle op hulle plaas deur die vlamme vasgekeer is.

Inwoners van Longmore en nabyliggende plase moes ook op ‘n kol ontruim word en is by die Thornhill-gemeenskapsaal gehuisves. Die munisipaliteit se versoek vir donasies om geaffekteerde gemeenskappe te help en brandbestryders te help voed, het hulp van regoor die land sien instroom.

Alhoewel die Longmore-gemeenskap se huise gered kon word, was hulle vir ‘n ge- ruime tyd sonder elektrisiteit of water weens brandskade aan die infrastruktuur. Die munisipaliteit het ‘n groot kragopwekker en tydelike toilette beskikbaar gestel aan die gemeenskap. Water is ook aangery.

Die Kouga-raad het op 12 Junie 2017 Kouga tot plaaslike rampsgebied verklaar ten einde meer hulp te kan bekom om die brandskade en impak op gemeenskappe aan te spreek.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.