Uiteindelik - einde van causeway-probleme

2016-09-29 06:00

VRIENDE, Paradys-stranders, Astonbaai-genote . . . leen my jul ore: Ek het gekom om die (nou reeds berugte) laagwaterbrug op te lig, nie te begrawe nie (apologie aan oorlede Shakespeare).

Laat die Seekoeirivier weer vloei, die see uitstoot, die flaminke terugkeer, die motors jaag . . . die spoelbrug sal! nie! weer! oorspoel nie. Finish en klaar. Ons het verskeie oplos-sings gevind om die probleem permanent te besweer.

Laura moet asseblief nie dink háár voorstel (dat Paradysenaars eerder die vrot stuk grondpad-cum-tientalle kilometers-ompad moet gebruik) enigiets met ons briljante oplossings te make het nie. Want dit het nié.

Ons ongelooflike blink plan is die resultaat van diép denke. Dit het só gebeur: Geniale ek en ewe geniale Monique en Marinda word onlangs in ’n koffiekroeg sitgemaak by ’n tafel met ’n geruite swart en wit tafeldoek. Ons drie, synde begaafde skaakspelers, sien toe dadelik die hele tafel vorm ’n skaakbord. Vernuftige Monique en vindingryke Marinda sit dadelik as Evas-in-sameswering langs me- kaar en gluur my uitdagend aan: Is ek bereid vir ’n potjie skaak teen hulle? Nie dat ek vir hulle skrik nie, maar daar is toe geen skaakstukke om mee te speel nie. Net ’n sout- en peperpot, bottel tamatiesous, rissiesous en drie glase staan gereed vir die ete.

Toe die ete opgedien word, vra ek onskuldig vir Monique vir die soutpot. En glo my, Vriende, njannies – haar oë trek dadelik op skrefies soos sy haar eerste skaakskuif oor die tafeldoekblokkies begin uitwerk. Julle weet so goed soos ek hoe lank ’n skaakspeler dink voor hy skuif. (Watter nasie ook al skaak uitgevind het, kan nie ’n baie spirituele volk wees nie, want hulle het vir seker skaak ont-wikkel om hul enigsins ’n idee van die ewig-heid te gee). Monique korrel en frons, beplan haar skuif . . . en twee uur later kom die soutpot eers by my aan!

Maar dit was ’n uiters nuttige twee ure, want (aangesien ons nie vir ’n kampioenskap gespeel het nie) was ons ontspanne en kon tussendeur ernstig oor die brug tussen Astonbaai en Paradysstrand gesels. So al soutpot- en tamatiebottel-skuiwende, los ons toe so roeriewaar die hele probleem op.

Aangesien ons weet die munisipaliteit het geen vermoëns (finansieel of andersins) om die laagwaterbrug-probleem in hierdie millennium op te los nie, bied ons dus hiermee ons drie brugspesialiste se oplossings met groot beskeidenheid aan:

  • Inwoners van weerskante die rivier kan, geklee in hulle partypolitieke T-hemde, werk toe, kerk toe of vriende toe swem. Dit sal ook sommer oorgewig besweer. As iemand op die kant van die meer kan staan en dalk ’n pêl aan die ander kant kan groet met die woord “Haai!” sal almal daardie oggend baie vroeër by die werk opdaag. As ’n ryk ou dalk vir die dorp ’n paar regte haaie wil skenk, sal niemand ooit weer laat wees nie. Nuwe T-hemde sal met die volgende verkiesing weer gratis beskikbaar gestel word.
  • Hulle kan bootjies, gondels, kano’s of sinkbaddens gebruik om oor en weer te vaar.
  • Die sportiewes kan oorski.
  • Die meer gegoedes kan van hul helikopters gebruik maak.
  • Stap strandlangs en laat Tokyo se taxi’s daarvan weet. Hulle sal baklei om julle verder aan te ry.
  • Koop nog so ’n honderd grawe, gaan strand toe wanneer die Seekoei te kwaai afkom en begin die onwettige sloot grawe om die water see toe te laat vloei. Laat ’n paar ouens kywie hou vir ingeval die SAPS in aantog is. Sorg dat julle ’n paar meter wors saamneem, en as die kywiehouers “Polisie!” skreeu, spoel die grawe af, pak die wors daarop en begin braai dat die vet spat op ’n vooraf bereide vuur.

Dit is maar net ’n paar briljante idees. Ons kan aan baie meer dink. Maar een ding mag nie weer gebeur nie: Moenie nog miljoene aan die laagwaterbrug spandeer nie. Gee dit lie-wer vir my, en ek wys julle hoe bou ek vir die mense tussen Aston en Jeffreys pragtige huise wat hulle sal laat hop van vreugde.

As die plaaslike regering weier om hierdie skitter-idees te implementeer en Tannie L dring daarop aan dat mense die ellendige, gatgevulde, voosgespoelde sinkplaat-om“pad” na Jeffreys moet ry, vra ons haar amptelik om vir elke gesin wat ry, een van die volgende op die munisipaliteit se onkoste te verskaf: ’n tenk, of ’n Casspir, of ’n ligte vliegtuig, of ’n lugballon, of ’n four-by-four (laasgenoemde elke ses maande vervangbaar met ’n nuwe een), of ’n treindiens vir almal, of ’n helikopter, of ’n trop honger leeus (vir diegene wat haastig-er as die res by hul bestemmings wil kom en sommer vir Wayde van Niekerk wil wys hoe ’n atleet eintlik moet oefen). Of, nog beter, sommer haar eie motor ter wille van ubuntu.

Asseblief tog, wees nou ’n sport, ons eie alomgeliefde plaaslike buikspreekster! We demand! Dit sal hoog op prys gestel word.

Net een smeekroep: Los asseblief die brug uit. Sy mislukte geskiedenis tel teen julle. En as niemand wil luister nie, gaan ons overalls en har-dehoede aantrek en raadsvergaderings bywoon met die dreunsang:Pay back the môôôney!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.