Valskerm-sprong vir verjaardag (80)

2018-11-01 06:01
Susan de Vos het die naweek vir haar tagtigste verjaardag gaan tandem-valskermspring (skydive) - vanaf 2740m. Al het haar dokter en apteker by navrae gemaan dat die adrenalien haar ’n hartaanval kan gee “Die uitstoot uit die vliegtuig was rof, en ek moes vooraf my tande uithaal, maar die res was groot sports,” sê sy.                              Foto’s:VERSKAF

Susan de Vos het die naweek vir haar tagtigste verjaardag gaan tandem-valskermspring (skydive) - vanaf 2740m. Al het haar dokter en apteker by navrae gemaan dat die adrenalien haar ’n hartaanval kan gee “Die uitstoot uit die vliegtuig was rof, en ek moes vooraf my tande uithaal, maar die res was groot sports,” sê sy. Foto’s:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SONDERLING, avontuurlustig met ’n drif om te lééf, te ondersoek en uit te vind - dit is Susan de Vos wat die naweek vir haar tagtigste verjaar-dag gaan tandem-valskermspring (skydive) het - vanaf 2740m.

Dié ma van vyf en ouma van nege was plaaskind, onderwyseres, biblioteekdame, en is belese en berese.

Sy gesels wyd en heerlik: oor haar feestelike verjaardag, die groot sprong en haar knap nasate.

Oudste raakvatter-dogter Ria de Vos het al die reëlings getref.

Sondag se sprong was nie haar eerste nie. Toe kleinseun Dricus Waldeck 21 word, is Susan (toe 74) saam na Bloukransbrug. Ria het haar oppad aangepor met “Ma wou nog altyd reksprong doen”, en daar bungee Su-san. “Dit was net daardie ding om die enkels wat niks lekker was nie,” sê Susan wat vir die afglope vyf jaar by Ons Tuiste in Humansdorp nes-skrop.

Maar die valskermspring was anders, vertel sy. “Die rit met die vliegtuig was lekker en kalm.”

Al het haar dokter en apteker by navrae gemaan dat die adrenalien haar ’n hartaanval kan gee, sê Susan: “Watwou, dit gaan oor die mense wat saam is. My oudste seun wat ‘n ‘pa- rabat’ was, het saamgespring. En na-tuurlik Dricus en sy meisie.

“Die uitstoot uit die vliegtuig was rof, en ek moes vooraf my tande uithaal, maar die res was groot sports.

“Mens vryval teen ’n hengse spoed, en hang dan rustig in die lug. Die valskerm se geskommel maak mens wel effe lugsiek.”

Susan lag: “Ek is darem nog nie dood nie, al het die bloeddruk gebokspring. Maar dit sal ek nie vir die dokter vertel nie, want hy sal net sê: I told you so!”

Sy vertel dat die mooiste was toe Dricus ’n huweliksaansoek op die grond uitgesprei het dat sy meisie dit met haar sprong uit die lug kon sien.

Vanwaar?

Ons gesels oor haar oorsprong op Jansenville, die voordele van plaasskool waar kinders sterk kennis-vaslegging gekry het want “jy tel alles op van die grotes, en hoor volgende jaar weer jou ou werk by die jonges”.

Maar haar gelukkigste werktyd was die 16 jaar in die biblioteek - tussen die boeke.

Na twee jaar se aftrede het Susan haar doodverveel en vir besigbly by ’n vriendin se kleuterskool ’n meng-elmoes kleingoed help grootleer.

“Ek het selfs al stock cars gery, maar ek kon nie so lekker ry op gevoel nie: ek kon nie sien nie, want ek is te kort.”

Rondrits

“Ouma lê in die strate,” skerts Dricus toe ons die afspraak met Susan maak. Hy ken haar reislus. Hulle was hoeka saam in Zambië op ’n kerkuitreiking.

Buiten Suid-Afrika van hoek tot kant, Namibië en Botswana, het Su-san wyd gereis: Engeland en Skotland in Brittanje, Frankryk, Italië, Duitsland, Oostenryk, Noorweë, Switserland en Griekeland in Europa . . . “Israel en Oberammergau was besondere ervarings.”

Verjaardagfees

Susan sê sy verjaar al heelweek. Die verjaardagparty was buitengewoon.

Elke kleinkind het ’n tafel met ’n tema van Ouma se hartsgoed gehad.

Dricus s’n was Reis. “Dit is sy hart ook,” sê Susan. ’n Kaart het al haar reise aangetoon.

“Elzaan se tafel was oor die plaas - kompleet met windpompies en die hanslam, Tjoppie. My jongste kleindogter se tema was ‘Ek wonder’, want ek wonder wat sal gebeur, wat is daar, wat volgende . . .”

Haar kinders het soveel moeite gedoen, maar hulle “steel my goed uit die huis vir temas,” lag Susan.

Toekoms

Op die vraag: Wat volgende?, sê Su-san: “Ek hoop ek word rerig oud, want my bucket het ’n gat onder in. Hy raak nooit vol nie. Daar is nog soveel om aan te vang.

“Dalk kry ek kans om alles te doen wat ek nog wil, soos Ierland toe gaan. Ek is te nuuskierig.

“Ek kan nie al my drome verwe-sentlik nie, maar ek kan hulle po-lish.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.