Vandale beskadig park

2016-09-15 06:00
Vandale het dié beeld by Zoetelief-park in Jeffreysbaai met wit verf bemors. Ander beelde het ook deurgeloop.                             Foto:MONIQUE BASSON

Vandale het dié beeld by Zoetelief-park in Jeffreysbaai met wit verf bemors. Ander beelde het ook deurgeloop. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BEELDHOUER Renier Viljoen is teleurgesteld en hartseer dat van sy beelde by Zoetelief-park in Seetuinweg, Jeffreysbaai deur vandale met wit verf verniel is.

Dié engel waak nou met ’n verfbesmeerde gesig oor die park, terwyl die skilpad se dop deurgeloop het. Die beeld van die paartjie met die hartvorm tussen hulle, is besoedel. Die pophuis is beskadig en die waterput is tot op die grond afgebreek.

Viljoen beraam dit kan etlike weke neem om die beelde skoon te maak en te herstel.

Volgens hom sal daar vasgestel moet word hoe diep die verf die sement binnegedring het, asook watter soort verf gebruik is. Eers dán sal bepaal kan word of ’n oplos-middel vir die skoonmaak van die beelde gebruik kan word.

Ander keuses is om óf die verf met skuurpapier te probeer verwyder, óf om die beelde heeltemal oor te verf.

“Ongeag die soort skoonmaakproses, sal die beelde kol-kol verkleur. Die hele beeld sal met ’n laag sementmengsel oorgeverf moet word,” sê Viljoen.

Viljoen sê hy begryp nie die vandalisme nie. “Dit is duidelik dat daar kinders by die skend van die beelde betrokke is. Daar is duidelike palmafdrukke,” sê hy.

“Hoe maak mense kinders groot wat soiets doen? Of is dit groepsdruk?

“Ek is teleurgesteld, maar dit lê dieper as net die betrokke persone.”

Volgens Kouga-munisipaliteit woordvoerder, Laura-Leigh Randall, was hulle nie van die skending bewus nie, en help hulle graag waar hulle kan.

“Mooi parke dra by tot die geheel beeld van ‘n gebied. Dit maak dit lekkerder vir inwoners om te bly, waar hulle bly en help ook om besoekers te trek. Parke wat onder vandale deurgeloop het, skrik mense af want dit lyk lelik en maak mense bang vir hul veiligheid,” sê Randall.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.