Vars Toyota Prado kry rits weeldes by

2017-12-21 06:00
Die opgeknapte Toyota Prado het klein veranderings buite ondergaan, maar heelwat nuwe tegnotruuks (asook ’n nuwe topvlakmodel) is bygevoeg.                                                                                         Foto:VERSKAF

Die opgeknapte Toyota Prado het klein veranderings buite ondergaan, maar heelwat nuwe tegnotruuks (asook ’n nuwe topvlakmodel) is bygevoeg. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN die wêreld van groot, deftige sportnutse het Toyota se Land Cruiser ­Prado ’n belangrike nis vir homself uitgekerf.

Die groot Prado is die enigste sportnuts met ’n leerraamonderstel, twee sluitewenaars en ’n laestrekratkas – alles bestanddele wat jy benodig as jy werklik moeilike terrein buite die landsgrense wil aanpak.

Dit is ’n moeilike balanseertoertjie wat uitgevoer moet word. Vervaardigers soos Audi, BMW, Mercedes en Volvo weet dat kopers die ruimte, weelde en gemak van ’n groot sportnuts soek. Nie noodwendig daardie hardebaard vermoëns nie.

Daarom bied hul voertuie dit nie. Slim 4x4-vastrap, ja. Soms ’n sluitewenaar om krag tussen die agterwiele te manipuleer, sou jy dit nodig hê. Maar verder is die fokus ’n gemaklike rit in die dorp met ’n hoë sitposisie en ’n gedempte binneruim.

Gelukkig is daar nog dié van die ou skool.

Toyota het sy getroue Prado pas opgeknap en in die proses sy weelde-aanbod vergroot, maar sonder om sy meganiese vermoëns minder te maak. Van weelde gepraat, benewens die bekende TX- en VX-afwerkingsvlak is daar nou ’n nuwe VX-L wat meer items as standaard ingesluit het.

As jy nader stap

Voor het die buffer ’n skerper V-vorm gekry: ’n skuins oppervlak voor en hoofligte wat nader na die middel geplaas is. ­Toyota sê dit help enersyds om die naderhoek te vergroot, en andersyds om die hoofligte beter te beskerm.

Nog ’n praktiese aanpassing is die enjinkap wat nou ’n dieper vorm in die middel het. Sig van agter die stuurwiel, bo-oor die neus, is dus beter.

Topmodelle kry LED-hoofligte, terwyl die TX halogeenlampe het. Agter is almal se remligte nou LED-eenhede.

Lig op die ’kap

Meganies is niks aan die Prado verander nie. Die twee enjins waaruit jy kan kies, is steeds die 3.0-liter-turbodiesel (120 kW, 400 Nm) en die 4.0-liter-petrol (202 kW, 381 kW). Die diesel is gekoppel aan ’n vyfgang- outomatiese ratkas, terwyl die petrol ’n sesgang- outomatiese ’kas kry.

Veldskoene

Jy gaan natuurlik met jou Prado in die veld wil ry, en vir dié doel het Toyota die spyskaart beskikbare truuks so lank as moontlik gehou.

  • is.

Die VX en VX-L het voortaan kameras reg rondom die voertuig wat jou ’n beeld van bo bied al rondom jou wiele, wat veral nuttig is as jy stadig oor moeilike terrein moet kruip en wielplasing belangrik is. Die gewone TX kry wel ’n tru-kamera wat help met parkeerwerk. Die topmodelle se tru-kamera bied die bykomende funksie dat dit kruisverkeer kan waarneem, sou jy agteruit uit ’n nou parkeerruimte ry.

Druk net die knoppie

Soos genoem, is daar ’n klomp 4x4-stelsels vir wanneer jy moeilike terrein aanpak. In die TX sal jy dit individueel moet aktiveer, maar in die VX en VX-L het jy ’n beheerknop wat jou vyf modusse bied wat die voertuig namens jou vir bepaalde terrein opstel.

Die vierliterpetrol het ’n bykomende ska-kelaar wat jou uit vyf ritmodusse laat kies, soos Sport en Eco. Dit beheer jou ratskakeling en die sensitiwiteit van die petrolpedaal.

Lê maar terug, swaer

Leerbekleedsel, lugversorging, verhitte sitplekke voor en ’n pragtige hout-en-leerbedekte stuurwiel is standaard in ál die modelle. Net so is ’n satnavstelsel, tru­kamera, spoedbeheer en sleutellose toegang ook ingesluit.

Die deftige weergawes kry verhitte sitplekke agter by asook elektroniese verstelling vir die stuur, outomatiese hoofligte en ruitveërs, en ’n outomatiese platslaanfunksie vir die agterste ry sitplekke. Die heel deftigste VX-L het bykomende veiligheidsitems soos ’n blindekol- en baanverlaatgonser, ’n selfstopfunksie (dit werk met radar) in stadsomgewings wat voetgangers kan raaksien, en ’n banddrukmonitor.

Stof tot nadenke

Dit is ’n lang lys weelde wat hier genoem is. Maar kortliks bied die Prado vandag ’n kombinasie van veldryvernuf en moderne weelde. Dalk nie die mooiste gestileer nie, maar sy talent verklap waarom hy so gereeld in die veld gesien word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.