Vasbyt, jy sál beloon word

2016-09-29 06:00
Kyk net dié uitsig! Jy is al moeg gestap en die rugsak swaar, maar dan kom jy by ’n uitkykpunt soos dié. Dan sit jy die rugsak neer en klim om nog verder te kan sien.                                                       Foto: MARISKA SPOORMAKER

Kyk net dié uitsig! Jy is al moeg gestap en die rugsak swaar, maar dan kom jy by ’n uitkykpunt soos dié. Dan sit jy die rugsak neer en klim om nog verder te kan sien. Foto: MARISKA SPOORMAKER

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE maan hang byna vollyf aan die nag en doop die gitswart see onder haar in ’n geeloranje glans. Dit is net ná 01:30 in die oggend.

Soos swaargelaaide skimme van die nag volg die sewe swyende figure die lig van hul kopflitsie oor die slingervoetpad deur die kuswoud: steil klowe op en af, klou en klouter aan en oor rotswand en fyn vastrap op smal voetpaadjies bo ’n swart afgrond.

Niemand kla nie, niemand vra rustyd nie. Dit is ’n swyende voortstoom – só stil, tot ’n nagapie skrik wakker toe die voorste stappers verbykom.

Vasbyt in die felste graad

Dit is vasbyt in die felste graad, maar hieraan dink jy, een van die groep van sewe, nie nou al nie. Die vrees vir wat voorlê, oorheers alles, naamlik dat ons die laaggety-spertyd by die Bloukransriviermonding gaan verpas. Kom ons te laat, is oorswem met swaar rugsakke ons voorland. Twee in die groep kan nie swem nie.

Dit is 10 km se stap van die oornagkamp tot by die Bloukransrivier; en ons móét voor 07:30 daar wees, want dan is die water laag genoeg om dit veilig oor te steek.

Die maan het al gaan slaap toe ons hoog op die krans bokant die rivier staan. Meters ondertoe rol die branders in die rivier, stoot die bruin (tannien) rivierwater in boggelrugdeinings dieper na die binneland.

Die gety gaan nog laer sak, stel Karen Fraser, die organiseerder en stapleier, die nie-swemmers gerus. “Ons moet net ’n bietjie wag.”

In dié paar minute word kamera, selfoon en slaapsak heel eerste deeglik dik in plastiek toegedraai en daarna klere en kos. Net toe dit tyd is vir die sware rugsak in sy eie plastiekdryfsak, roep Neill Purdon, al klaar hoër op teen die rivier, uit hy het ’n veilige oorgang gekry.

Ons gaan tussen knie- en heuphoogte deur die yskoue rivierwater, maar dis baie beter as vryslag mét ’n rugsak. Daarna nog “rots- en kransklim” met yswaterkoue voete, maar niemand gee om nie, want ons is deur ons grootste vrees!

Ons klou en klim oor gladde en skerp rots, en toe staan ons daar – veilig en baie, baie dankbaar. ’n Ruk gelede is drie stappers by die einste Bloukransriviermonding deur ’n stroom die see ingetrek.

Agter ons swel die Bloukransrivier weer hoër. Dis tyd vir aanstap, want meer as 4 km se swaar stap oor hoë berg en diep dal na die oornaghut op hierdie dag 4 van die Otterstap-roete lê nog voor.

Otterstaptoer

Ja, hierdie Otterstaptoer het my geneem na ’n krag in my binneste waarvan ek nie eens geweet het nie. Maar as ek ooit weer die roete aanpak, sál ek vooraf oefen, want hier al langs die ongerepte Tsitsikammakus wil jy nie net vasbyt nie, jy wil alles beleef.

Nooit weer sal ek “asem­rowende uitsig” ydellik kan gebruik nie nadat ek die 42 km se stap (ons kon sweer dit was meer) oor vyf dae telkens op ’n hoë krans gestaan en na my asem gesnak het oor die allesomvattende natuurprag.

Donderende branders doer onder, see- meeue swewend op lugstrome, kormorant, seesterretjie en malgas luilekker op verweerde rots en die blou, blou, blou van die see.

En tussen al die blou . . . dol­fyne spelend in die branders en doer agter die klik-spuitboë van die walvis. Halala, Afrika.

Nooit, nooit nie sal ek die geestesoomblik vergeet toe ek verby moeg én moedeloos oor die see uitkyk en . . . daar gooi die walvis sy lyf in só ’n hoë boog omhoog dat die water in diep lae ondertoe om hom toevou.

Met ’n veerligte gees het ek verder boontoe geklim. Waaragtig, geen uitsig is só mooi soos die een waarna jy self uitgeklim het nie.

Die Otterstaproete gee natuurprag wat jy beslis verdien om te sien, want jy wérk daarvoor.

Beplanning

My aanvanklike beplanning was om ’n dag-vir-dag-belewenis van die Otterroete te be-skryf, maar dié staptoer is ’n te grootse be­lewenis om in stukkies te wil opbreek. Boonop is dit só ’n intens persoonlike belewenis dat elke stapper dit anders sal beskryf.

Otterjasies om te weet

  • Die Otterstaproete begin by die Stormsri-vier in die ooste, volg die ongerepte Tsitsikammakus oor 42 km en eindig by Nature’s Valley in die weste.
  • Dit is ’n vyfdagstaproete, waarvan dag 4 die langste (nagenoeg 18 km) en die moeilikste is, met ’n klim van bykans 1 000 m én die Blou-kransrivier se oorsteek. Die ander dae se stap­afstande wissel tussen 5 km en 9 km. Dag 2, met sy hoë klim (bykans 800 m) is ook ’n riller, maar die asemrowende uitsigte bied troos.
  • Oornagverblyf in houthutte is: die Ngubu-, Oakhurst-, Scott- en André-hutte. Stortge-riewe (koue water!) asook ’n spoel­toilet met ’n seeuitsig is by elke oornagplek.
  • Jy steek talle stroompies en riviere oor soos die Kleinbos-, die Geelhoutbos-, die Elandsbos-, die Lottering- en die Bloukransrivier.
  • Op elke dag se roete is uitvlugroetes met ’n bordjie aangedui.
  • Dit is ’n fisiek uitdagende staproete, maar die wisselende natuurskoon (grotte, watervalle, fynbos, kuswoud, varings, sampioene, rotsformasies, walvisse, dolfyne, seevoëls, getypoele) te midde van die ewigdreunende see laat selfs die mees vermoeide stapper aanhou.

Neem veral dít saam

  • ’n Goeie rugsak – moenie 12 kg oorskry nie; maar as jy moet, bly onder 16 kg, anders gáán jy swaarkry.
  • Goeie stapstewels asook vastraptekkies wat deur water en oor rots kan gaan. Plakkies of Crocs vir by die oornaghutte.
  • ’n Waterblaas wat minstens twee liter water kan dra, en nóg ’n waterbottel.
  • Stapklere wat vinnig droog kan word en ’n kampeerhanddoek wat nie swaar is nie.
  • ’n Slaapsak in sy eie plastieksak.
  • ’n Leë kussingsloop – prop sommer jou klere daarin as ’n “kussing”.
  • Pak jou klere in hul eie plastieksak, en neem ’n groter plastiekdryfsak saam waarin jou rugsak kan pas. Onthou die kabelbinders om die sakke mee toe te trek en sterk tou vir wanneer die riviere oorgesteek word (dis ook ’n nuttige wasgoedlyn).
  • ’n Reënjas wat jou én die rugsak kan bedek.
  • ’n Goeie kopflits met ekstra batterye.
  • ’n Knipmes wat as eetmes én blikoopmaker kan dien.
  • ’n Drinkbeker, bord, vurk en lepel.
  • ’n Kampgasstofie. Een gas­houer is genoeg; daar is hout by elke oornaghut.
  • Vloeibare seep vir eetgerei en klere.
  • ’n Noodhulpsakkie – spesiale “membraanpleisters” vir brandwonde, sinkpleisters vir blase, verband en pynpille.
  • ’n Waslappie by jou persoonlike wassakkie – dit maak die yskoue stortwas makliker!
  • ’n Sonbril, sonblok en spierolie soos Arnica of Deep Heat.
  • ’n Kamera.
  • Dik kleefband (duct tape) – dit werk vir by-kans enigiets, tot ’n stukkende skoen.
  • Koerantpapier is nuttig om in jou stewels te druk as jy in die water getrap of geval het. Dit help ook om die vuur aan die gang te kry.

Moenie vergeet nie!

  • Toiletpapier.
  • ’n Pen en notaboekie.
  • ’n Selfoon (vir ’n noodgeval – daar is ’n sein aan die bopunt van elke uitvlugroete).
  • Ekstra batterye vir die kopflits.
  • Reël vooraf jou vervoer van die eindpunt (Nature’s Valley) terug na Stormsrivier (beginpunt). Bel Reggie van Tsitsikamma Shuttles by 074 531 0793.
  • Kontant vir die baie lekker tuisgebroude bier by Nature’s Valley.
  • Oefen vooraf!

Hoe bespreek ek?

  • Twee groepe stappers van ses elk word per dag toegelaat. Vra goeie vriende en/of geliefdes om saam te gaan sodat jy jou indrukke kan deel.
  • Bespreek by Sanparke per telefoon by 012 426 5111, per faks by 012 343 0905 of per e-pos by reservations@sanpark.org.za.
  • Besoek ook Sanparke se webwerf vir meer inligting: www.sanparks.org/parks/garden_route/camps/storms_river/tourism/otter.php.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.