Velskoene pryk gou op rooimat

2019-10-03 06:01
Vriendelike verkoopsterre Elreke Kirsten en Michelle Kleyn spog met vellies van Topline Footwear, Humansdorp.          foto:MARINDA VISSER-HOUGH

Vriendelike verkoopsterre Elreke Kirsten en Michelle Kleyn spog met vellies van Topline Footwear, Humansdorp. foto:MARINDA VISSER-HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KOUGA het spog-skoeisel, en dit was duidelik sigbaar by die onlangse JBay Ma-kiti by verskeie stalletjies wat byderwetse velskoene te koop aangebied het.

Die getroue ou plaasskoene neem nuwe gedaante aan onder die kundige hande van plaaslike vervaardigers wat die vellies in alle denkbare kleure maak.

Die Kouga Express het van een kraampie tot die volgende gekuier en kennis gemaak met die vindingryke skoenmakers se pro-dukte.

Eerste was Harry Deetlefs wat sy stiefpa pensionaris Louis van Rooyen se skoene bemark. Louis tower tuis die gemaklikste denkbare vellies op. Hy werk alleen, maar sy Louis/JBay-skoene het my hart gesteel, en ’n pronkpaar het my van my geldjie verlos.

Toe is dit pastelkleure wat die oog vang. Ou gunsteling op Jeffreysbaai, Comfy Shoes, het Suid-Afrikaans vervaardigde leerskoene in die fraaiste kleure en style op hul rak gehad. Hulle voorsien die streek van gehalteware vanuit hul Da Gama Straat-winkel.

Volgende aan die beurt was twee kosbare vroue wat my geldsak nog ligter gemaak het – nie nét vanweë hul vellies nie – maar ook deur hul vlytige en vriendelike dienslewering.

Niks was vir hulle moeite nie.

“Die skoene is deesdae ’n gesogte mode-bykomstigheid wat boonop voetvriendelik is”, sê Michelle Kleyn, die vrou en vennoot van eienaar Johan Benade.

Hy het die dekade-oue Topline Footwear 12 jaar gelede in 2008 bekom, en voorsien nie net die streek en land van vellies nie, maar vir byderwetse boetieks ook.

“Ons fabriek is in Humansdorp en alles word hier gemaak – ook die gesogte mode-items waarvoor mense stad toe ry,” lag Michelle.

Ek is twee pare later by Topline se stalle-tjie weg met die wete dat die rooi enkelhoogte vellies vandeesmaand nog in Los Angeles, VSA by ‘n rooimat-ge-leentheid vir onder meer JoyKids International, JBaai aan my voete gaan pronk.

Skakel Louis by 082 659 2777, Michelle by 072 224 1602 of Johan by 072 419 6683.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Most Read
News In Your Area
Top Lifestyle
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.