Verdwyn in `n duinewêreld

2018-02-15 06:01
Die jaarlikse Battle of the Dunes - ’n toets van senuwees en uithouvermoë – is nie vir bangbroeke nie. Vir 4 x 4 waaghalse, beslis. Bastian Bakkes, die 2017 Battle of the Dunes-kampioen, pak die duine in sy Toyota FJ Cruiser aan.                            Foto’s:VERSKAF

Die jaarlikse Battle of the Dunes - ’n toets van senuwees en uithouvermoë – is nie vir bangbroeke nie. Vir 4 x 4 waaghalse, beslis. Bastian Bakkes, die 2017 Battle of the Dunes-kampioen, pak die duine in sy Toyota FJ Cruiser aan. Foto’s:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HOU jou wiele reguit, los die petrol, moenie rem trap nie, en moet om hemelsnaam nie skuins draai nie. As jou voertuig breek, is dit makliker om dit net daar te los. Én onthou die Myprodol en Grandpa.

Die jaarlikse Battle of the Dunes - ’n toets van senuwees en uithouvermoë – is nie vir bangbroeke nie. Vir 4 x 4 waaghalse, beslis. Dalk vir die oningeligtes, volgens sommige eerste-keer deelnemers. Al kos dit mooipraat om hulle daar te hou.

Brits-broers Erik en Francois van Humansdorp Toyota, Tsitsikamma-inwoners Bastian Bakkes en sy seun, Sebastian, en Fanie Wasserman het in Julie, verlede jaar die magtige duine van die Namib-woestyn in Namibië tydens die Battle of the Dunes aangepak – almal in Toyota-fabrikate. Twee van dié deelnemers het met die eerste en tweede plek weggery – vir die tweede agtereenvolgende jaar.

Tien spanne het deelgeneem.

Volgens eerste-keer deelnemer, Erik, is die 150m tot 200m hoë duine nie net groot nie, dit is ook steil en dreigend en intimiderend. “As jy op die kruin van die duin staan, val hy so steil hier voor jou voete weg - jy word skoon duiselig. Dan moet jy nog met jou voertuig daaroor . . .

“En dit grom. As jy `n reuseduin hoor brul, is dit asof Moeder Aarde self met jou gesels. So `n iesegrimmige geselsie.”

En dit was so byna, of dié duine het die Brits-broers na die eerste dag terug huis toe laat ‘vlug’. Nie eers pynpille of - poeiers kon hul stressvlakke en bloeddruk die eerste aand in toom hou nie. Dit het ‘n gepaai (báie mooipraat) geneem van Bastian, wat hulle omgepraat het om deel te neem, om hulle te oorreed om te bly.

Volgens Erik, wat gereeld Brakkeduine aanpak, was die moeilikste om hul voertuig, ’n Hilux Singe Cab 2.8 4 x 4, te leer ken.

En dit is nie net van inklim en ry nie.

“Jy moet seker maak jy kies `n lyn wat jou bo-oor die duin teen die ander kant af sal kry,” vertel Erik.

“Jy moet die duin teen ongeveer 120km/h in lae-rat aanpak, of jy kom nie bo uit nie. Maar jy moet ook presies weet wanneer om jou voet van die petrolpedaal te haal, of jy sit pens en pootjies op die kruin vas. As jy te vinnig ry, is jy anderkant af. As jy te stadig ry, bly jy onder. `n Omgedopte Land Rover getuig hiervan.

“Dit help ook nie as jou passasier, wat verbete aan die handvatsel vasklou, die hele tyd ‘Wow! Wow! Wow! – jy ry te vinnig’, skreeu nie.

“Dan is daar nog die sagte sand en sandstorms wat jou sig belemmer, waarmee jy rekening moet hou.”

Volgens Erik moes die herwinningspan telkens tot hul redding kom. Totdat hy die geheim van `n suksesvolle rit tot bo ontdek het: sodra die kruin onder die kantspieël is, moet jy jou voet van die versneller afhaal.

“`n Mens is bang, maar ook opgewonde. Ons sal dit beslis weer doen.”

Bastian Bakkes

Volgens veteraan duine-temmer Bastian is daar twee maniere om die Battle of the Dunes aan te pak: vir die pret daarvan òf vir die uitdaging. Hy en sy grootste teenstander – sy seun, Sebastian - is beslis daar vir die uitdaging. Dit is hier waar jare se ondervinding en “duine-lees” in jou guns tel.

Dit is dan ook geen wonder dat Bastian met sy Toyota FJ Cruiser die 2017 Battle of the Dunes-kampioen is nie. Die 2016-kampioen, Sebastian, moes dié keer die knie voor sy pa buig en met tweede plek tevrede wees.

Volgens Bastian, wie se are sand klop, was dié uitdaging groot pret – al sit jy vas, dit is deel van die pret.

“Die adrenalien is ongelooflik. Jy moet weet wanneer om te trap en wanneer om te stop – anders kan dit katastrofies wees. Dit is wat dit so lekker maak.

“Dit gaan ook baie oor tegniek.

Volgens Bastian is die modifikasies op sy FJ Cruiser tot die minimum beperk: `n suspensie met hoër grondvryhoogte, `n uitlaatstelsel wat meer krag aan die voertuig verleen en Goodyear Dura Track-bande.

Bastian vertel: “Met jare se ondervinding, het ek die vermoë om die duin se helling te lees. Die duin se helling gee vooraf `n indikasie watter lyn om na bo te volg. Dit is die verskil tussen `n beginner en ondervinding.”

Bastian het as peuter gereeld saam met sy pa in hul omgeboude Volkswagen Beetle met `n afgesaagde dak in die sand rondgery. Daarna was dit `n Beach Buggy.

En as agtjarige het hy sy eerste pypkar deur die sand in sy grootworddorp, Alexandria, laat ploeg. Toe volg veldwedrenne en nasio-nale byeenkomste.

Hy het dié liefde aan sy seun oorgedra. Hulle neem gereeld saam aan uitdagings deel. Sebastian dra op sy beurt weer hul passie aan sy kinders oor. “Hulle is sy grootste ondersteuners,” sê Bastian, wie bykans elke na-week tussen die duine met sy 4 x 4 ontspan.

Bastian en Sebastian neem op 17 Maart aan die King of the Dunes uitdaging by Brakkedui-ne deel - `n mini-oorlog tussen Toyota en Ford.

En wie dink Bastian is die beste fabrikaat? “Toyota, natuurlik. Maar Ford-aanhangers sal dit nooit erken nie,” sê hy laggend.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.