Verkeersbeampte in hof ná moord

2017-09-21 06:01

’n Provinsiale verkeersbeampte wat Sondagoggend in verband met die moord op sy meisie in hegtenis geneem is, het Maandag vir die eerste keer in die landdroshof in Humansdorp op ’n aan-klag van moord verskyn.

Die saak is tot 26 September vir ’n amptelike aansoek om borgtog uitge-stel.

Die 40-jarige Denovan Lippert en sy 30-jarige meisie het glo Sondag in die vroeë oggendure by hul huis in ’n stryery betrokke geraak, sê ’n polisiewoordvoerder, kapt. Gerda Swart.

“Die meisie het na bewering sy diens-pistool in die hande gekry en toe hy dit van haar wou wegneem, het ’n skoot afgegaan. Die slagoffer is noodlottig in die maag gewond.”

Lippert is die oggend net ná 09:00 by sy huis in Jacobstraat in hegtenis ge-neem. Die polisie het op sy vuurwapen beslag gelê en dit is vir ballistiese toetse gestuur. Hy word aangehou.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Most Read
News In Your Area
Top Lifestyle
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.