Verken Bo-Kloofmet Skollie

2016-06-09 06:00
Skollie, die “amptelike” toergidshond van die Baviaanskloof, wys vir ons sy ‘koninkryk’ - die Waterkloof-staproete by Bo-Kloof.                           Foto: MONIQUE BASSON

Skollie, die “amptelike” toergidshond van die Baviaanskloof, wys vir ons sy ‘koninkryk’ - die Waterkloof-staproete by Bo-Kloof. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

EK spring uit die bakkie voor ons behoorlik stop en beland knieë eerste in die klipperige plaaspad. Maar ek kom dit skaars agter. Skollie, die “amptelike” toergidshond van die Ba-viaanskloof, kom stertswaaiend nadergedraf. Hy het my ook gesien, juig my binneste. So asof hy my wil troos, kry ek ’n spoeggerige klaplek voor hy skewekop na die ander besoekers kyk.

My man, Colin, glo vas dit is al die lekker maag-krap en skelm braai-tjoppies wat maak dat hy my onthou. Maar ek weet van beter: Skollie het my gekies:. vyf jaar gelede toe ons vir ons wittebrood daar was.

Dié naweek by die Kolgans-boshut op Bo-Kloof was anders, meer spesiaal. Maar ook hartseer. ’n Laaste totsiens? Ons laaste pootskud. Skollie is al ’n ouman, 12 jaar in April. Vier-en-tagtig in mensjare.

Die keer het hy ons meer as net sy ‘konin-kryk’ - die Waterkloof - gewys. Hoog op teen die berg met Bo-Kloof wat daar ver onder lê, staar ek en Skollie in stilte oor die berge: rumatiekvingers, misvormde kleimannetjies en opgehoopte skilferdeeg wat trots oor die kloof waghou.

Net ek en hy . . . Skollie se 4x4-speelplek, die Uitslag-roete.

Die volgende oggend kom haal hy ons om saam met hom deur die Waterkloof te stap. Deesdae ’n besonderse voorreg - meer as gewoonlik.

Volgens sy mense-ma Anina Bezuidenhout, stap hy deesdae net saam wanneer hy wil. Nie meer saam met elke groep nie. Selde meer as een keer per dag en gewoonlik saam met mense wat eetgoed saamvat.

Skollie hardloop vooruit, draai om, kyk ongeduldig waarom ons draal - sy kloof wag.

Hy kies ’n ander paadjie as gewoonlik. Ons volg hom goedgelowig. Niksvermoedend dat Skollie se humorsin die oggend die oorhand gekry het. Hy hardloop oor ’n modderige oopte en wag breëbek aan die ander kant. Colin kort op sy hakke. Maar hy het nie met swaartekrag en sy gewig rekening gehou nie. Nog voor hy vier tree kon gee, sit hy enkeldiep in die modder vas - nie in staat om te roer nie. Na ’n getrek en gestoot staan hy weer op droë grond, sonder skoene met modder wat soos netvet om sy kouse vou.

Ek is seker ek kon Skollie hoor lag. Hy draf tevrede vooruit. Al verby die waterstroompies tot daar waar dit helder uit die grond borrel. Kyk kort-kort om of ons nog aankom. Hy wéét dat stadsjapies baie stilstaan om die klowe-prag in te drink, op kamera vas te lê, of net om te dink. En om asem te skep.

Die hemelhoë rotswande beweeg al nader aan mekaar. Reik nader. Tot daar waar jy met uitgestrekte arms die magiese skoonheid deur jou palms kan voel vibreer.

Kyk mooi en jy sien boepens spinnekoppe, blinklyf paddas, skugter verkleurmannetjies, geel-groen swamme wat kleurvolle prentjies op rotswande maak, en die spore van duikers, bobbejane en rooikatte wat tussen reuse varings en varkore verdwyn. Vryf oor die growwe stamme van eeue oue bome, kyk na die ligspel oor die rotsvloer, ruik die grond en luister na die getjirp van voëls en insekte. En die boggom van bobbejane.

Hier vind jy innerlike harmonie en vrede.

Ons loop tot daar waar die son oor die vloer speel . . . Skollie wys dit is tyd vir omdraai. Ons volg hom in stilte.

Dit is tyd vir groet. Tot ’n volgende keer, Skollie. Mag die ouderdom saggies met jou werk.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.