‘Verliese vir sitrusbedryf moeilik te bepaal’

2019-07-25 06:01

DIT is moeilik om nou al die omvang van die geldelike verliese te bepaal, maar die impak van die sloerstaking by die Ngqura-hawe op die sitrusbedryf is enorm, sê Spes du Preez, voorsitter van die Gamtoos-landbouverenig-ing.

Dit volg ná ’n onwettige sloerstaking oor lone en bonusse by dié hawe in Port Elizabeth. Die bedryf het weens die staking deurgeloop onder bykomende koste vir vervoer na alternatiewe hawens en markte waar produkte dalk teen ’n laer prys verkoop is, koel berging en ’n vrug van swak gehalte omdat dit langer moes staan.

“Die skade kan etlike miljoene rande beloop, maar ons glo dat dit uiteindelik bestuurbaar sal wees. Ons glo ook die regering het kennis geneem van die belangrikheid van landbou vir die ekonomie, en om in ons ontoereikende infrastruktuur te belê.”

Du Preez sê die bedryf is dankbaar dat die hawe weer operasioneel is, hoewel daar ’n groot agterstand is en die personeel blykbaar verminder is.

“Die logistieke ketting van verkoelingsgeriewe, verkoeling van meer vrugte vir langer tydperke, die beskikbaarheid van skeepsruimte en leë houers weens die ontwrigting van skedules, die herleiding van skepe weg van Port Elizabeth, die beskikbaarheid van padvragvervoer en gevolglike druk op infrastruktuur het alles omvergewerp.

“Die bemarkingsprogramme moet nou aangepas word volgens die eindbestemming van skepe en nie die eindpunt van voorseisoensbeplanning nie. Dit vertroebel kliënte-verhoudings, al is dit tradisionele, gevestigde verhoudings.

“Dis ’n harde sakewêreld daarbuite met internasionale mededinging vir dieselfde markte. Ons moet ook besef dat ons met ’n vars, bederfbare produk werk.”

Gehalte was en is die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf se grootste mededingende voordeel. Die protokol vir goeie gehalte is oorskry weens omstandighede buite die bedryf se beheer.

“Dit is onvoorsiene omstandighede en is vir die sitrusbedryf net nog ’n uitdaging, wat waarskynlik herhaal sal word.”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.