FEBRUARIE is die maand van liefde, en LAPA bied vandeesmaand ’n smorgasbord van liefdesverhale aan Kouga Express-lesers.
Eerste op die liefdeslys is ’n ontroue verloofde, haglike finansies, ’n familiplaas en ’n swerwer wat vir kos en verblyf werk. Rose vir Roselle deur Rosita Oberholster is ’n verwikkelde romanse wat gekenmerk word deur sterk verhoudings en karakters. Nie net word daar op die romanse tussen die hoofkarakters gefokus nie, daar is ook verrassingselemente om lesers se leesgenot te vermenigvuldig.
Hoe gemaak wanneer ’n rofstoeier en skoolhoof op ’n klein Karoo-dorpie koppe stamp? Voeg ’n wysneus-tienermeisie, asook ’n hele paar rondloperkatte by en jy het ’n resep vir moeilikheid. Of wag, dalk net dalk, ’n resep vir liefde? Uitgelewer aan die Liefde deur Marilé Cloete is ’n moet-lees.
Madelie Human, een van Afrikaans se gerekende romanseskrywers wat al meer as 130 000 boeke verkoop het, se nuuste twee boeke Hartewens en Hartsbegeerte kan ook gewen word.
Verdere liefdesverhale sluit in Liefde op Petit Paris deur Frenette van Wyk, Lenteliefde deur Alma Carstens, Blameer die Skoenlapper deur Elsa Winckler en Liefde in Letters deur Rika du Plessis.
L WEN L WEN L WEN L
Om vir die prys in aanmerking te kom, vind die artikel op die Kouga Express Facebook-blad - Kouga Express Newspaper - en vertel ons wie is jou gunsteling skrywer. Die kompetisie sluit op 12 Februarie om 12:00.