Vier ‘jonk wees’ met LAPA Uitgewers

2018-04-05 06:00
LAPA Uitgewers bied vandeesmaand ’n smorgasbord van kinderverhale aan Kouga Express-lesers.            Foto:VERSKAF

LAPA Uitgewers bied vandeesmaand ’n smorgasbord van kinderverhale aan Kouga Express-lesers. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

LAPA Uitgewers bied vandeesmaand ’n smorgasbord van kinderverhale aan Kouga Express-lesers.

Eerste op die boekrak is Kattekwaad uit die pen van Susan Ongansie en Linki Lutz. Die boek, geskik vir kleuters van drie jaar, gaan oor die kat Mietsie, wat na haar boetie, Maans, opsoek is. Dié klankryke prenteboek met sy eenvoudige, maklik verstaanbare teks en oulike refrein is perfek vir hardop voorlees.

Volgende op die rak is Prinses Klara en die Krokodil deur Laura Amy Schlitz en Brian Floca, Spaghetti tussen jou tone geskryf deur Jaco Jacobs en Alex van Houwelingen, asook Die wonderwêreld van My liggaam deur Jaco Jacobs en Fanie Viljoen. Al die boeke is ge-skik vir jong lesers van sewe jaar en ouer.

Ywerige lesers van nege jaar en ouer kan die wonderwêreld van die Pagel-sirkus ontdek in Die Leeutemmer se Assistent, geskryf deur Solet Scheeres en Marjorie van Heerden. In die boek beland Martjie saam met ’n leeu in een van die Pagel-sirkus se treintrokke - en nadat sy die mense van die sirkus leer ken, weet sy dat haar lewe nooit weer dieselfde sal wees nie. Hierdie aangrypende, aksie-belaaide verhaal is losweg op die geskiedenis van die beroemde Pagel-sirkus geskoei.

Olivia se olifant deur Sylvia Jacobs, voltooi die boekrak. Die boek handel oor Olivia Oli-vier wat op die oggend van haar tiende verjaardag ’n verwarde olifant op haar voorstoep gekry het. Oliva se olifant is ’n betowerende storie oor ’n ongewonde vriendskap tussen ’n dogtertjie en haar olifiant.

WEN! WEN! WEN!

Om vir die prys in aanmerking te kom, vind die artikel op die Kouga Express Facebook-blad - Kouga Express Newspaper - en vertel ons watter boeke jy graag wil wen. Die kompetisie sluit om 12:00 op 12 April.

Vir meer inligting, kontak Monique Basson by 042 293 2973 of Monique.Basson@media24.com.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.