Visserman sterf nadat hy op boot epileptiese aanval kry

2017-08-03 06:00

’n Visserman op ’n tjokkaboot is Saterdag dood toe hy ’n epileptiese aanval op ’n boot gehad het.

Volgens Sarah Smith, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) op St. Francisbaai, is hul reddingspan omstreeks 09:30 ontbied toe die tjokkaboot Silver Explorer laat weet het een van sy bemanningslede het aan boord ’n epileptiese aanval gehad.

“Die boot was op pad na die hawe in St. Francis, maar net voor ons reddingsboot hulle bereik het, het die skipper bevestig die man is oorlede.”

Die NSRI se mediese span het aan boord van die tjokkaboot bevestig dat die bemanningslid oorlede is.

“Die boot het na die hawe beweeg, waar die bemanning deur die polisie ingewag is. Die man se lyk is in hul sorg gelaat.”

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê die man het skynbaar ’n epileptiese aanval gehad. “Die polisie het nie ’n geregtelike doodsondersoek geopen nie, aangesien sy dood aan natuurlike oorsake toegeskryf is,” sê Swart.

Die NSRI kon nie Sondagmiddag bereik word om die man se naam te bevestig nie.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.